Goeiedag.
Tema: Kwesbaar
Armoede maak ‘n mens kwesbaar. Ekonomies, fisies, geestelik, op elke denkbare gebied word mens deur armoede blootgestel. Dikwels word op armes neergekyk as dom, of lui, onopgevoed, vuil, skaamteloos en derglike negatiewe eienskappe. Dit is slegs ‘n verkeerdelike menslike oogpunt, want voor die Here is almal gelyk. Laserus, die bedelaar wat ‘n regverdige man was het die ewige lewe verwerf bo die ryk man in LUKAS 6 : 19 tot 31. Die ryk man se lot is ellende en pyn na afsterwe. Elke lewe moet nuttig en sinvol wees ongeag die situasie.
SPREUKE 28:3, 8, 15-16 AFR53
[3] ‘n Man wat arm is en die armes verdruk, is soos ‘n reën wat wegspoel en geen brood bring nie.
Die vers spreek van verdrukker as ‘n nuttelose mens, soos reën wat wegloop. Elke mens moet woeker met die geleenthede, dit sluit duidelik ‘n negatiewe lewe uit. Daar is altyd werk wat gedoen kan word, maar nie alles word met geld vergoed nie. Ontferming is byvoorbeeld ‘n liefdes daad wat se waarde nie in geld gemeet kan word nie. Al die volgende Skrifte spreek hul uit teen hulle wat ander se kwesbaarheid misbruik.
[8] Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm.
[15] ‘n Leeu wat brom, en ‘n beer wat hongerig is, so is ‘n goddelose wat oor ‘n arm volk heers.
[16] ‘n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.
Dit is seker normaal om te dink dat net armes kwesbaar is maar dit is verseker nie so nie. So byvoorbeeld is elke werkgewer kwesbaar deur hulle wat vir hom werk. Om n werkgewer te wees vra winsgewendheid, wat effektiwiteit binne n begroting vereis. Swak arbeid kan bankrotskap veroorsaak, soos hoë energie pryse, belastings ens.
Omdat jy n mens is, is jy kwesbaar , niemand is onaantasbaar nie, al wil sommiges so wees. Die enigste vrywaring is in liefde. Menslike liefde, hulle wat lief het dien en koester ander, n Goddelike gawe wat net in SY krag vervul kan word. Goddelike liefde wat die bron van lewe is.
Genade en Vrede vir jou.
David