Tema : Vriende
Goeie dag.
Ware vriende is harts goed. Kosbaarhede wat meer werd is as suiwer goud. Jy kan hul nie koop nie, hul is nie volop nie, hul is skatte wat versamel word met die verloop van n leeftyd. Ware vriendskap is ewig. Dit begin in jou aardse lewe maar word voortgesit in die ewige lewe. Verras? ; lees die volgende van Jesus:
LUKAS 16:9 AFR53
[9] En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.
Jesus stel dit duidelik dat jy jou aardse vermoens (Mammon) moet gebruik om vriende vir nou en die ewigheid bymekaar te maak. Vriendskap is n kosbare beleging wat tyd en aandag vra. Dit kom nie vanself nie maar word gebou op die fondament van liefde en respek. Wanneer jy vriende se laste in gebed dra, leef jy liefde uit. Meer as dit, jy bou aan die koninkryk van geregtigheid. Daardeur kry jy self ook voordeel: Kyk in die geval van Job.
JOB 42:10 AFR53
[10] En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.
Jesus het sy lewe afgelê vir sy vriende:
JOHANNES 15:13-14 AFR53
[13] Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. [14] Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.
Elkeen van ons kan ook Sy vriend en broer wees as ons bereid is om te voldoend aan Sy vriendskap vereistes. Dit is nie te veel gevra nie. Elke aarde vriendskap het ook grense en voorwaardes waar binne beweeg word. Die vreugde wat vriendskappe bring is veel meer as beperkings daarvan.
Vriende is nie net beperk tot geloofs genote nie, dit sterk oor n mens se hele lewe. Dit bestaan uit skool vriende, mede werkers, mense uit alle kringe van die samelewing. Dit is belangrik om elkeen se kwaliteite te besef en te waardeer. Here dankie vir elke vriend.
Genade en Vrede vir jou. David