Tema : Swartskaap
Goeie dag.
Dit is amper die norm dat elke familie n swartskaap het. Die persoon wat ná ander se mening rebels of minderwaardig is, die een wat nie lekker inpas nie. Die rand figuur. Israel was die swartskaap van die nasies volgens Ps 121:
PSALMS 124:1-4 AFR53
[1] ‘n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. As die Here nie vir ons was nie — laat Israel dit sê — [2] as die Here nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie, [3] dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het; [4] dan het die waters ons oorstroom, ‘n stroom het oor ons siel gegaan;…..
So was koning Dawid, Gideon, en ander. Baie van ons het verwerping en ander veragting beleef en behandel as die swartskaap. Dit vat n reuse poging om hierdie sielswonde te oorkom en is slegs moontlik met die Here se genade.
Ps 121 is n deel van die hand leiding tot herstel.
Mense wat deur so ‘n lewe kom het elkeen sy unieke stelsel van verdedigings meganismes. Vir party is dit aggressie, ander isolasie, koppigheid, rebelsheid, ander hardheid ens, alles nodig om te kon oorleef. Met die geringste gevoel van bedreiging onttrek n mens by default in jou pantser. Daar is ‘n beter manier, die Woord se manier.
Jesus wil jou trane afdroog en jou siel genees.
JESAJA 55:2-3 AFR53
[2] Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig. [3] Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.
Daar is verskeie verwysings dat die Here gekom het om te genees, liggaam, siel en gees. Deur gebed kan elkeen na Hom nader vir genade. Dit is tog so tragies dat mense se lewens meer getuig van hul eie traumas as van verlossing en genesing terwyl Jesus graag wil help.
Genade en Vrede vir jou. David