Tema : Waaksaam
Goeie dag.
N sentrale tema in die Woord is om uiters versigtig te wees. Almal is vertroud met die Skrif:
SPREUKE 4:23 AFR53
[23] Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
Hart dui hier op; denke, emosies, verwagtinge ens, alles abstrakte kwaliteite. Die siel van waar uit jy leef, besluite maak, aksies uitvoer, kommunikeer en dinge dergliks. As kind van die Here is jy automaties n vyand van die wêreld en daarom n teiken vir die bose.
Soos ryk en belangrike mense deur lyfwagte vergesel word en gevaarlik areas vermy, sal n persoon met wysheid ook soortgelyk optree. Die koninkryk van die bose het areas waar bemarking plaasvind. Tipies plekke waar jy nie op jou hoede is nie, waar jou hart oop en ontvanklik is, en jy ontspanne is.
Eina, nou trap ek op tone; rolprente, internet, sosiale media, sport, teaters ,vakansie tye, kerke, ens. Ander vrugbare saai grond is waar n mens verontreg en te nagekom voel. Alles gebiede van sagte aanvalle. Vir direkte aanvalle is mens meer op jou hoede, maar met sagte aanvalle is die bose se wapen misleiding. Die moeilike een om te hanteer. Die volgende Skrif is dalk buite konteks aangehaal, maar is net so van toepassing .
MARKUS 13:33 AFR53
[33] PAS op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.
Netso die volgende Skrif:
MATTHÉÜS 26:41 AFR53
[41] Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
Daar is net een teëvoeter vir die bose en dit word in bostaande Skrifte vermeld: Waak en bid alle tye. Bid vir nugterheid, wysheid, onderskuiding, bewaring, waaksaamheid krag, ens.
Die bose het net een doel met elke kind van die Here:
I PETRUS 5:8 AFR53
[8] Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.
Genade en Vrede vir jou. David