Tema : Broos
Goeie dag.
Niemand word gespaar van tye waarin jy broos is in die lewe. Die tye waar jy met moeite vootbeur in die hoop van beter tye. Die hoop is altyd dat dit van korte duur sal wees maar dit kan soms jare wees. Maar in sulke tye voorsien die Here altyd vriende om te ondersteun. Dink maar aan Koning Dawid en al die jare wat hy en sy bendes voor Saul gevlug het. Job se vriende het hom ook nie verlaat nie, Noag is deur n gesin ondersteun en nog baie ander voorbeelde. Elkeen se verhaal het as n oorwinning geeindig.
Broos wees is om kwesbaar te wees. Dit geld op elke gebied, emosioneel, geestes gesondheid, Finansies, verhoudings, fisies ens. In elke gebied geld die Skrif :
GALÁSIËRS 6:2 AFR53
[2] Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
Chritus se wet is die wet van liefde. As Gal 6 in geheel gelees is dit duidelik dat persoonlike verantwoordelikheid en aanspreeklikheid nie weg val nie. Ander kan dien as n kruk, tydelik, n mens moet steeds self staan en sterk word.
So sien ons dat die n verantwoordelikheid by die persoon lê om op te tree in eie belang.
JAKOBUS 5:13-15 AFR53
[13] Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing. [14] Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. [15] En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
In ons toestand van broosheid, lê die verantwoordelik nog steeds by ons self om uit te reik vir hulp. N vriend het dit so treffend uit gewys:
Die knegte moes die kanne self vul voordat Jesus dit in wyn verander het. Naäman moes homself sewe keer in die Jordaan gaan bad.
JOHANNES 9:11 AFR53
[11] Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Silóam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.
Genade en Vrede vir jou. David