Tema : Verdienste
Goeie dag.
Die samelewing word deur wette georden, daarom dink ons in terme van reg of verkeerd. Verkeerd doen word gestraf. Dus kry ons ook idiome soos: Dit is sy verdiende loon. Ook praat ons van persoon verdien n salaris, as hy werk, belonging vir goed doen. Hierdie inherente denke van verdienste wil ons dan ook in ons geloofs lewe toepas. MAAR dit is glad nie direk van toepassing nie. Jy kan nie verdien om gered te word, of vergewe te word, of om geseën te word nie. Hierdie positiewe gebeure kom uit genade en geloof en nie verdienste. Jesus se eie woorde was en geld vandag nog:
MATTHÉÜS 6:31-33 AFR53
[31] Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? [32] Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. [33] Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Wanneer ons volgens koninkryk waardes leef, is daar vergoeding vêr bo verdienste.
Ek haat dit om iets te soek, daar is geen groter werk vir my nie. Om te soek is uitputtend en vereis geduld en harde werk. Netso val die koninkryk van God nie sommer so in jou skoot nie.
Meer dikwels word jy nie onmiddelik beloon as jy iets soek nie. Daar is nie beloning vir die soek nie, beloning kom slegs as jy kry waarvoor jy soek. Dink daaroor. As ek iets belangriks verlê het, is dit my taak om dit te soek, geen beloning nie. Netso is daar take wat ons moet verrig wat geen direkte beloning inhou nie. Dit is maar net jou verantwoordelikheid. Noag het 120 jaar sy opdrag om n boot te bou uit gevoer. Hy het eers belonging gekry toe die reën gekom het.
Gebed is n plig wat elke gelowige opgelê is, n Goddelike opdrag. Gebed gaan primêr oor die bevordering van die koninkryk van God (Matt 6) en nie oor eie gewin nie. Daar is egter beloning in vir hulle wat hul plig doen.
Genade en Vrede vir jou. David