Tema : Fondasie
Goeie dag.
Die vraag wat dikwels deur ongelowiges gevra word is, hoekom is daar so baie kerke. Dit is n relevant en geldig vraag met verskeie aspekte in die antwoord. Dus nie n eenvoudige klinklare antwoord nie. Paulus gee in die brief aan die KORINTHIËRS die vuur doop vir alle ware godsdienste:
I KORINTHIËRS 3:10-11 AFR53
[10] Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. [11] Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
As Chritus nie die as is waarom jou godsdiens draai nie, het jy n vals godsdiens.
Paulus gaan een stap verder :
GALÁSIËRS 1:8 AFR53
[8] Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!
Daar is absoluut geen plek vir alternatief vir Jesus Christus nie. Elke godsdienstig gesprek se basis moet JC gerig wees, anders kan dit misleiding wees. Daar is geen saligheids in Judaisme of enige anders van die vele gewild alternatiewe nie. Geen plek vir siening dat die mens inherent goed is en deur eie werke en poging die saligheids sal beêrwe nie. Die Woord sê alle mens het gesondig en ontbreek aan die heerlikheid van God.
Daar is net een verlosser en Saligmaker naamlik Jesus Christus. Mag die Here gee dat elkeen sy eie oortuigings en opvatings sal toets aan die Woord. Her-evaluasie van jou oortuigings en die vrug van jou lewe moet dikwels en meer dikwels gedoen word om egtheid te behou. Waak en bid is die enigste manier om suiwer te bly. In praktyk beteken dit dat jy Woord en Heilige Gees lewend in jou eie lewe moet wees. Die vrug van hoofsaaklik lees en bid. Dit bevestig en verseëldes die fondasie van die apostels en profete in jou lewe.
Genade en Vrede vir jou. David