Tema : Agting
Goeie dag.
In die antieke tyd van konings het onderdane hul posisie verstaan. Hul het die koning gehoorsaam want dié het mag gehad oor lewe en dood. Rebelsheid kon jou en jou familie se lewe kort knip. Hierdie respek kan byvoorbeeld in Dawid se gedrag teenoor Saul gesien word. Moderne mense wat in gesag stukture, soos in n aktiewe weermag geleef het het het n ander begrip van orde en gesag as algemene burgerlikes. Hierdie begrip van gesag kan ook uit Daniël se gebed gesien word:
DANIËL 9:18-19 AFR53
[18] Neig u oor, my God, en hoor, open u oë en aanskou ons verwoeste plekke en die stad waar u Naam oor uitgeroep is; want nie op grond van ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig neer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid. [19] Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit, vertoef tog nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep.
Dit is ekstreem duidelik dat daar geen aanmatigheid by Daniël te bespeur is nie, maar net totale onderdanigheid .
Hy is duidelik onder die besef dat hy niks verdien, of die Here kan omkoop, of geen regte het om op te staan nie. Alles is net uit genade. Indien n mens die houding en denke het wat teestrydig met Daniël se benadering is moet hy besef dat hy n verkeerde God aanbid. Dan het n mens n verkeerde God lief.
N mens kan slegs vrymoedigheid teenoor God hê op die grond van Jesus se werk. Jesus is die meerdere en kan jou Sy vriend noem, maar dit kom van Hom af nie van jouself. In praktyk beteken dat dat ons as gelowiges geen regte het nie maar net definitiewe voorregte. Wanneer ons vooregte as regte beskou lewe ons in hoogmoed. Gebed is daar waar jy jouself onder geskik aan God stel en wag op Hom. Jy die kneg, Hy die koning. Hy sal jou verhoor op Sy tyd, wat die regte tyd is. Dit is nie onaangenaam om op hom te wag in Sy teenwoordigheid nie. Dit is egter moeilik vir ons met n Westerse kultuur van vinnig bevrediging. Ons wil gewoonlik alles onmiddelik hê. Wil voordurend vermaak (entertain) word. Mag die Here gee dat ons agting en geduld sal leer veral in ons gebeds lewe.
Genade en Vrede vir jou. David