Tema : Kalm gees
Goeie dag
Daar is n verskil om kwaad te word en humerig wees. Kwaad word is n normale menslike reaksie op konfronterende gebeure rondom jou. Dit is vanaf kwaad word as jy te na gekom word of uiterste woede oor mens slagting soos tans id wêreld aan die gang is. Die Woord sê:
EFÉSIËRS 4:26-27 AFR53
[26] Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; [27] en gee aan die duiwel geen plek nie.
Dit beteken as jy kwaad is, moenie maak en breek en vervloek nie. Kom tot bedaring en herwin jou vrede. Sorteer die bron van ergenis uit, maak vrede as jy kan en vergewe wanneer van toepassing. Daar is plek vir Goddelike toorn soos in die geval van Elisa, toe kinders met die profeet gespot het wat God verteenwoordig.
II KONINGS 2:24 AFR53
[24] Toe het hy agter hom omgekyk en hulle gesien en hulle gevloek in die Naam van die Here; en twee berinne het uit die bos gekom en van hulle twee-en-veertig kinders verskeur.
Daar is baie Psalms waar die skrywer, die vloek op die goddelose afbid. Ook in die NT kry ons die geval van Ananias en Saffira, In HANDELINGE 5. Asook Paulus wat n man se liggaam aan die duiwel oorgee sodat sy siel gered kan word. Indien gelowiges ontsteld word oor ongeregtighede in die wêreld, mag ons bid: verlos ons van die bose. As meer van ons sonde haat, sal meer geheiligde lewens lei. Wat sal bid teen die werke van die bose. Passiewe weerstand teen die bose is nutteloos, die bose lag vir jou. Volgens Effesiers 6 moet ons in n stryd teen die bose gaan:
EFÉSIËRS 6:12 AFR53
[12] Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Dit is nie net n stryd in jou eie gemoed nie maar n globale stryd in my en jou lewe. Die stryd vind in Woord en gebed plaas.
Wees n Kryger van God.
Genade en Vrede vir jou. David