Tema : Aanbidding
Goeie dag.
Daar is n tyd vir alles in die lewe. Plant – oes, geboorte – dood, jeug – bejaardes, alles loop in seisoene. Net in die geloofs lewe is dit altyd tyd vir lofprysinge en aanbidding. Ongeag omstandighede lig dit jou altyd op bo wat rondom jou gebeur. goed of sleg.
PSALMS 134:1-2 AFR53
[1] ‘n BEDEVAARTSLIED. Kom, loof die Here, o alle knegte van die Here wat snags in die huis van die Here staan! [2] Hef julle hande op na die heiligdom, en loof die Here!
PSALMS 146:1 AFR53
[1] HALLELUJA! Loof die Here, o my siel!
[7] wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die Here maak die gevangenes los. [8] Die Here open die oë van die blindes; die Here rig die wat geboë is, op; die Here het die regverdiges lief. [9] Die Here behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom.
Daar is soveel redes om die Here te loof, dat daar nooit n geleentheid kom waarin ons Hom nie kan loof nie. Selfs die voorreg om Hom te ken, is rede om Hom te loof.
Psalm 148 sê: Alles wat geskape is moet Hom loof.
Die Woord is oorvloedig, met lof prysinge en dankbaarheid vir Hom.
In lofsange vind ons oorwinning, want dit bring die dankbaarheid uit ons harte. Hoe meer ons loof, hoe meer wil ons loof. In lofprysinge vroeg ons, ons stemme by die miljoene engele wat God voordurend loof. Ons is n deel van die oneindige koor van die skepping. Son, maan, skepsels, engele, serafs, ouderlinge, verlostes, sterre, planete….
As ons daaroor dink, kan ons nie n begrip kry van God se grootheid nie, ons staan verslae daaroor. Kan jy dit in dink, dat hierdie oneindige God, jou by die naam geroep het. Dat jy Sy kind is, en Hy jou liefhet. Dit gaan die menslike verstand te bowe. Hoe meer mens dit bepeins, hoe groter word die wonder.
PSALMS 8:5 AFR53
[5] wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
Genade en Vrede vir jou. David