Van tyd tot tyd gee die Here n profetiese woord, oor wat die toekoms inhou. Ek wil graag met jul die volgende woord deel soos ek dit ontvang het:
Die wêreld gaan in ‘n fase in, wat die beste beskryf kan word as ‘n roller coaster tyd. Baie vinnig en dramatiese veranderinge, wat jou asem sal laat wegslaan en soms sal laat skreeu van angs. Moenie op die gebeure fokus nie maar hou jou oë op Jesus. God is en bly in beheer. Van ons kant af sal ons, ons roeping en verkiesing moet vas maak, soos n veiligheidgordel.
Daar is nog meer wat ek kan deel maar dit is die kern van wat ek moes deel. Ek gee nie meer inligting nie omrede: Dit gebeur dikwels dat persone se fokus op die wêreld gebeure wat is en kom, gefokus raak. Die bedoeling van profesieë is, om jou in te lig en en nader aan die Here te bring.
‘n Gepaste reaksie is om op die Here te wag, sodat Hy jou lei in jou spesifieke omstandighede, hoe om voor te berei. Dit is nie om vrees en angs aan te jaag nie. Inteendeel sodat jou oë oop kan wees en die gebeure jou nie onverwags oorval nie. Wat jy vandag doen bepaal, hoe jou môre gaan lyk. Die mikpunt is ‘n ewigheid saam met God en nie hierdie tydelike aardse lewe nie. Mag die Heilige Gees wat in jou is jou lei ook oor hierdie woord.
Genade en Vrede vir jou. David