Tema : Gesprek
Goeie dag.
Elke suksesvolle verhouding se fondament is goeie kommunikasie. N gelowige se kommunikasie met God behels meer as gebed. Lofprysinge is n een rigting kommunikasie vanaf n gelowige na God. Normaalweg antwoord Hy deur die teenwoordigheid van Sy Gees. Die HG is nie passief nie, maar bedien mense deur die gawes. Dit kan profesieë wees wat geheimenisse openbaar, waarskuwing rig, hartsvrae antwoord, binding breek, ens.
Anderkere bedien die Gees met die gawe van genesing, of Vrymaking. Daar is nog demonstrative werking van die Heilige Gees, maar ek wil graag by Sy persoonlike kommunikasie met die mens kom. Ons lees in:
PSALMS 139:17-18 AFR53
[17] Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie! [18] Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.
My mening is, dat hierdie verse wys op God se persoonlike gesprek met n enkel mens uit die Woord. Dit is waar Heilige Gees, die Woord vir jou oop breek en insig gee daarin. Waar Hy poog om deur jou koppigheid te breek, om denke te verander. Gewoonlik lees ons die Woord met n seker bril op. Dit kan n gereformeerde bril, met geen geloof bril, n Katolieke bril, n opvoeding bril, en nog baie ander wees. Die Psalmis ontdek in die Psalm, die ware betekenis van God se gedagtes, sonder n bril. Hy vind dit kosbaar en oorweldigend. Die begrip daarvan het vereikende gevolge. Dit versteur selfs sy nag rus.
Voorbeelde van hierdie persoonlike kommunikasie vind ons in die geval van Job, Henog en ander. Henog was so goed bevriend met God dat die Woord sê in:
GÉNESIS 5:24 AFR53
[24] En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.
JOB het in sy ellende met God, sy vrou en sy vriende geredekawel. Ek dink daarin is n geheim opgesluit: naamlik dat ons, oor elke saak met God sal praat en ons gevoelens deel. As ons soos koning Dawid alles met God deel, sy daaglikse omgang en emosies raak gebed gesels maklik.
Genade en Vrede vir jou. David