Tema : Krisis
Goeie dag
Daar is tye in n mens se lewe, wat net beskryf kan word as krisis tye. N tyd waar jy wanhoop aan jou lewe en toekoms. Krisisse se kom op elke terrein van n mens se lewe voor, gesondheid, gevaar, finansieël, emosioneel huwelik…..
Dit is sulke tye waar mense magteloos is om te help, waar net die Here n uitkoms kan bied. Koning Dawid skryf Psalm 142, terwyl hy vlug vir Saul. Vasgekeer, diep in n grot sit hul terwyl die vyand in die bek van die grot rus. n Nouer ontkoming bestaan nie, dit is uiterste benoudheid.
I SAMUEL 24:4 AFR53
[4] Toe hy kom by die skaapkrale langs die pad waar ‘n spelonk was, het Saul daar ingegaan om sy voete te bedek, terwyl Dawid en sy manne agter in die spelonk sit.
Hier het Dawid, n geleentheid gehad om Saul dood te maak. Maar Dawid het n geheimenis geken: Laat die Here vir jou veg dan sal die regte gebeure op die regte tye plaasvind. Hy vat n alternatiewe roete:
PSALMS 142:2 AFR53
[2] Hardop roep ek die Here aan, hardop smeek ek die Here.
[6] Ek roep U aan, o Here! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.
Dit is so buite n mens se aard om te wag en terug te hou, sodat die Here vir jou kan stry. Die mens se natuur is, om te wil veg en wraak te neem. Elkeen wil altyd n onmiddelik oplossing ervaar.
Dit is egter nie die Here se manier nie. Soos ons uit die Woord sien is Hy in die besigheid van karakter bou, heigligmaking, afronding en voorbereiding van die mens vir die hemel. Krisisse is soos n land wat omgeploeg word vir n nuwe aanplanting . Ons moet die geloof behou en op die Here wag. Op die regte tyd sal hy n oplossing bring. Noag het honderd en twintig jaar geloof behou in n goddelose samelewing. Dawid het lank gevlug voordat hy koning geword het. So het elke apostel en gelowige deur krisisse en lyding gegaan, selfs Jesus. As jy glo dat God in beheer is, sal hy ook beheer in jou lewe neem en jou lei. Deur groei pyne en krisisse om jou volmaak te maak.
Genade en Vrede vir jou. David