Tema :Drome
Goeie dag.
Interresante statistiek is, dat die meeste gelowiges die Here aan neem op n ouderdom van ongeveerd 14 jaar oud. Dit is met die oorgaan vanaf kind na die volwasse lewe. Die Woord lê baie klem op die keuse wat jong mense moet maak, om n sukses van die lewe te maak. Dit word veral in SPREUKE aangespreek. Die wyse raad is nie net vir jongeres van toepassing nie, maar geld vir elke mens.
PSALMS 119:9 AFR53
[9] Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.
SPREUKE 24:33-34 AFR53
[33] Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande-vou om uit te rus; [34] dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos ‘n gewapende man.
Elke mens het drome, nie net jong mense nie. Gesinne, huise, werk, respek waardigheid, geluk ens. Daar is net een manier om dit te bereik en dit is deur die Wysheid, gebod van God, Jesus Christus.
MARKUS 12:29 AFR53
[29] En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is ‘n enige Here;
II JOHANNES 1:9 AFR53
[9] Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hý het die Vader sowel as die Seun.
Drome moet in lyn met die riglyne van die Woord wees.
Buite die riglyne is duisternis en ellende. Dit geld vir jonk en oud. Drome en ideale hou nooit op nie, die fokus verskuif net met ouderdom. Om hul te verwesenlik vereis werk, altyd. Dit geld vir fisiese dinge sowel as geestelike en emosionele sake. Soos die liggaam met ouderdom agter uitgaan, vereis dit oefeninge om gesond te bly. Geestelik vereis dit gebed om te groei en nuttig te wees. Sonder gebed is die mens kragteloos op emosionele en geestelike vlak. Dan verval drome in passiwiteit waar dié mens nutteloos is. Jonk en oud moet op n plek van kragtige getuienis wees.
Genade en Vrede vir jou. David