Tema : Wag
Goeie dag.
In vandag se lewe van oombliklike antwoorde is wag/geduld ‘n raar kwaliteit. As jy iets wil weet Google jy dit. In die verlede moes jy biblioteek toe gaan. Jy kan koop sonder geld, met jou krediet kaart ens. Hierdie kamma werklikheid, bestaan hoofsaaklik in die wêreld van welvaart. In die geloofs lewe en in nie welvarende gemeenskappe is daar ‘n ander werklikheid. Trouens ons lees:
JAKOBUS 1:3 AFR53
[3] omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
In die geloofs lewe is daar geen kits oplossings nie. Gebede word nie oombliklike beantwoord nie. Heiligmaking vat ‘n leeftyd. Genesing vat soms lank. Op alles wat die moeite werd is word gewag. Veral goeie goed, jy saai en eers aan die einde van die seisoen kry jy ‘n oes. Die meeste prosesse laat hul nie aan jaag nie, dit vat hul bepaalde tyd. Haastigheid, ongeduld, depressie, werk of geen ander emosionele of fisiese reaksie gaan daaraan ‘n verskil maak nie. Soos ‘n boer in geloof plant en geen waarborg van ‘n oes het nie, vra die lewe geloof om te lewe.
PREDIKER 11:4 AFR53
[4] Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie.
Daar is geen sekerheid in die wêreld nie, vergeet daarvan, dit, bestaan nie. Nie in rykdom, geld, gesondheid, verdienste, werk of enige iets anders nie. Alles berus op geloof:
HEBREËRS 11:6 AFR53
[6] En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.
En dan word die mens se geloof ook nog beproef, (Jak1:3). ‘n Godsvrugtige lewe vereis ‘n lewe van geloof op geloof, rots vaste geloof, onwrikbaar. Die geloofs helde in HEBREËRS 11 se uitstaande kenmerk is dat hul teen alle rede, in bly glo en gewag het. Hul verwagting het nooit gefaal nie. Wat ook al my en jou persoonlike stryd is, deur geloof in Christus is ons oorwinaars. Die Woord getuig van mense uit alle omstandighede, en areas van die samelewing wat gered is, daarom sal ons gered word as ons aktief glo.
Genade en Vrede vir jou. David