Goeiedag.
Tema: Opinie
Die maklikste ding in die lewe is om jou eie opinie te lig. Trouens dit is baie moelik om stil te bly as jy sterk oortuig is van ‘n standpunt. Een van die merkwaardigste verhale is die een in Joh 8: 1-11 van die vrou wat in owerspel betrap is. Almal het haar ten dood veroordeel volgens die wet van Moses, en sy was skuldig. Maar Jesus se woorde was: ” Laat hy wat sonder sonde is die eerste klip gooi ” en ” Ek veroordeel jou ook nie, gaan heen en sondig nie meer nie”
Dit is deel van die menslike natuur om fout te vind in ander se doen en late en dan te veroordeel. So ook in ander se oortuigings. Dit is ‘n kuns om jou Bybelse oortuigings te deel sonder om te veroordeel. Dikwels is mense moeg vir die verkeerde in hul lewe en dan is positiewe hulp beter as veroordeling. Woorde moet versigtig gekies word wanneer met ander gepraat word, die Woord se raad is:
KOLOSSENSE 4:6 AFR53
[6] Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.
Dan voldoen mens aan die wysheid van:
SPREUKE 10:19-21 AFR53
[19] By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig. [20] Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd. [21] Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.
Die groot soeke in die lewe van die mens is waarheid. Baie mense haat die waarheid want dit ontbloot hul ware karakter. Jesus is die weg, die waarheid en die lewe, niemand kom tot die Vader behalwe deur Hom nie. Dit is dus nie ‘n geval van ‘n eie menslike opinie nie , maar mense se opinie en oortuiging moet op die Woord baseer wees om enige gewig te dra. Daar is nie ‘n plek vir kompromie met menslike waardes of simpatie nie. Dit kan met reg gesĂȘ word dat die Woord hard is, maar dit is die enigste weg tot verlossing. Die maker van die mens weet die beste pad vir die mens om te loop.
Genade en Vrede vir jou.
David