Goeiedag.
Tema: Arbeid
SPREUKE 10:22-24 AFR53
[22] Die seën van die Here — dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.
As bostaande vers sou beteken dat ‘n mens net kon hande gevou sit en wag dat die Here hom moet versorg, sou daar seker bitter min op aarde gebeur het. Dit het selfs nie eers so gewerk in die paradys nie. Adam het ‘n werk gehad om te doen, en sy werk is net bemoeilik deur die sondeval. “n Begeerte om leeg te lê is nie die Woord nie, maar kom uit ‘n menslike begeerte na gemaksug. Die Woord se opdrag is om mekaar aan te spoor om goeie werke te doen, terwyl ons nog kan werk ( Heb 10)
Salomo bring met die volgende vers die regte persoektief daarop.
PREDIKER 2:11 Toe het ek gekyk na al my werke wat my hande tot stand gebring het, en al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het — en kyk, dit was alles tevergeefs en ‘n gejaag na wind, en daar was geen voordeel onder die son nie
Werk sonder seën van die Here daarop is tevergeefs, dit bring niks blywends tot stand nie. Salomo se werke het hom bekend gemaak en lof gebring maar dit is maar ‘n leë belonging. Net arbeid deur die Here geseën is sinvol, dit lewer vrug op, vir jouself en ander. Die mate van vrug word bepaal deur die Here, ‘n mens kan maar net sy beste lewer. Dit is soos plant, jy plant en gee water maar die vrug hang van die seisoen af, buite die mens se beheer. Alles in die hand van die Here. As jou brood en botter direk afhanklik is van die seën van die Here, soos in boerdery sal jy al hierdie waarheid beleef het. ‘n Salaris trekker verstaan nie sommer tenvolle hierdie mate van hierdie afhanklikheid nie.
Herdie werk etiek word bevestig in die volgende
vers [23]. ‘n Wyse mens sal klein en spaarsamig leef ten einde iets op te bou tot ‘n nalatenskap en vir iets vir môre. Om op te bou vra moeite, ongerief, selfverloëning en derglike karakter kwaliteite. ‘n Dwaas leef vir die oomblik, genot ongeag die gevolge.
SPREUKE 10:22-24 AFR53
[23] Dit is ‘n vermaak vir ‘n dwaas om ‘n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir ‘n man van verstand.
Mag elkeen se arbeid ryklik beloon word.
Genade en Vrede vir jou.
David