Goeiedag.
Tema: Vrese
Een van die mees onstellende ervarings in die lewe is om helse vrees te belewe. Doodse vrees wat jou in so mate oorweldig dat jy nie kan beweeg of dink nie, totaal en al verlamend. Dit is traumaties. Soldate word geleer om hierdie vrees te kan hanteer anders kan hul nie veg nie. Baie mense leef met sulke vrese en het hulp nodig. N deel van die oplossing is Jesus se woorde:
LUKAS 12:4 AFR53
[4] EN Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie.
In hierdie woorde is daar ‘n groot waarheid versteek, naamlik dat dood vir die kind van die Here net ‘n oorgang is na ‘n ewige lewe. Soos ‘n soldaat moet ons lewensgevaarlike situasies in geloof leer hanteer. Siekte, oorlog, vervolging en ander is net ‘n werktuig om ons lewe hier te help afsluit. Net gelowiges het ‘n hoop vir die lewe na die dood. Alle ander mense vrees die dood, want vir hulle is dit finaal. Christus bevry die mens van die vrees volgens Hebreers:
HEBREERS 2:15
[15] en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was
Vrees raak jou baas en dwing jou om sekere dinge te doen, jy raak ‘n slaaf van vrees. Soveel mense, soveel maniere om vrees te hanteer. Byvoorbeeld , wettiese lewe, jaag na geld, kluisenaar, godsdienstig, oefening, ens.
In die volgende verse gee die Woord verdere insig oor die saak:
SPREUKE 10:24-25, 28 AFR53
[24] Waar die goddelose bang voor is — dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy. [25] Wanneer ‘n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.
[28] Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.
Om van vrees, wat die gevolg is van trauma, genees te word kort profesionele hulp. Dit is nie so eenvoudig soos geloof en gebed nie. As jy daar, is kry die regte hulp. Mense noem bang wees ook vrees, maar dit kan makliker oorkom word. So byvoorbeeld is almal bang vir die dood, maar almal vrees nie die dood nie. Laastens:
JOHANNES 8:36 AFR53
[36] As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
JOHANNES 8:32 AFR53
[32] En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
Genade en Vrede vir jou
David