Goeiedag.
Tema: Gruwel
Het jy al die betekenis van die woord gruwel nageslaan? Dit beteken: Ekstreem veragtelik, walglik of moreel verwerplik. Met dit in gedagte koms die betekenis van die volgende na vore:
SPREUKE 15:8-9 AFR53
[8] Die offer van die goddelose is vir die Here ‘n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig. [9] Die wandel van die goddelose is vir die Here ‘n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.
Guns en gruwel is twee onversoenbare pole soos die ooste van die weste. Dit is totaal onversoenbaar met mekaar en laat geen ruimte vir ‘n kompromie nie. Na mate ‘n gemeenskap verval in sonde kom daar ‘n punt waar die wetteloosheid en goddeloosheid ‘n gewelds kultuur baar. Dan is die norm in die gemeenskap gruwelik geweld. Dan volg:
ESÉGIËL 7:11 AFR53
[11] Die geweld het opgegroei tot ‘n roede van goddeloosheid; niks van hulle sal oorbly nie of van hulle menigte of van hulle gedruis, en niks heerliks sal aan hulle wees nie.
Sodom en Gemora se lot was vuur en swael omdat hul n kritiese punt van gruwel oorskry het. Verby die punt van genade. Daar staan geskrywe:
JESAJA 55:6 AFR53
[6] Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.
Hierin is ‘n voorwaarde gekoppel; ” terwyl” , met ander woorde die genade tyd kan verbygaan, soos in die geval van die genoemde twee stede. Dieselfde beginsel is ook van toepassing in mense se lewêns, Skokkend wat ons graag wil ontken en nie wil weet nie, maar tog volgens die Woord.
Maar die genoemde Skrifte is gebalanseer met die positiewe belofte van God se liefde vir hul wat hul bekeer. Ons vind in in die hoofstuk wat genade aanspreek:
KOLOSSENSE 2:13 AFR53
[13] En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,
Ons wat dood was het God die Vader, lewend gemaak deur die dood en opstanding van Jesus Christus. Onverdiend slegs uit genade. Deur Sy genade het Hy ons geroep en kon ons antwoord en ja sê vir die lewe. Dit is nie ‘n lewe van belewenis en bekragtinging. ‘n Lewe van deur geloof tot geloof. Soos Job gesê het:
JOB 42:5 AFR53
[5] Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.
Genade en Vrede vir jou.
David