Goeiedag.
Tema: Kritiek
Ervaar jy ook dat as jy iets verkeerd waarneem en teen die gevolge daarvan waarsku dat ander dit dikwels negatief ervaar?
Ek dink in ‘n mate hou niemand van kritiek nie. Dit is nie net ander nie, ek self vind dit ook moeilik.
My siening van kritiek is:
Kritiek beteken in effek werk wat ‘n mens persoonlik moet doen. Dit is gesond om kritiek te oorweeg en deur te werk om die geldigheid daarvan te bepaal. Kritiek is ‘n vorm van bestraffing, tugtiging, of teregwysing. Die doel daarvan is om gedrags verandering te weeg te bring. Negatiewe kritiek is se oorsprong is; foutvind, beterweterigheid, jaloersheid, murmerering, onvergenoegdheid, ens.
Daarom moet daar onderskei word wat met kritiek bereik wil word. Is dit ten doel om jou te verbeter of af te breek.
Kritiek is net nog ‘n klankbord van hoe ‘n ander persoon jou gedrag beleef .
Die Woord waarsku daarteen om kritiek net te ignoreer, omdat dit jou kan lei na ‘n beter pad:
SPREUKE 15:10-12 AFR53
[10] ‘n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe. [11] Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die Here, hoeveel te meer die harte van die mensekinders! [12] Die spotter hou nie daarvan dat ‘n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie.
Ek herhaal, kritiek is net ‘n klankbord van hoe ‘n ander persoon jou beleef. Soos alle standpunte teen die Woord gemeet moet word, so moet kritiek gemeet word. Ware waardes kom net van God uit die Woord. Die hele Bybel is vol voorbeelde, van begin tot einde, waar die Here onderrig gee en gebede om geleer te word. En waar is dit te vinde?
KOLOSSENSE 2:2-3 AFR53
[2] ……in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus,
[3] in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is.
God belowe as ons na insig en kennis vra sal Hy gee sonder om te verwyt. Laat ons hierdie grote voorreg aangryp.
Genade en Vrede vir jou.
David