Goeiedag.
Tema: Die groot sif
Finansies is die groot sif wat mense in verskillende klasse skei. Dit is selfs deel van die geloofs gemeenskap maar baie meer prominent in die sekulêre wereld. Die Woord is nie onduidelik oor die dilemma van die arme nie;
SPREUKE 19:4, 6-7 AFR53
[4] Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.
[6] Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het ‘n hoop vriende. [7] Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde — weg is hulle!
Arm mense word nie gereken deur hulle wat ryker is nie, ongeag hoekom hul in armoede verval het. Baie keer is armoede die gevolg van ‘n gebrek aan kennis en dissipline oor hoe om met geld te werk. Party keer is armoede die gevolg van ‘n verkeerde siening oor geld. Wanneer jy geld gekry het is daar ‘n morele verpligting om die kundig en effektief te gebruik.
Lees maar die gelykennis van die talente en ander gebeure in MATTHEUES 25 :14-31. Let daarop dat hierdie hoofstuk handel oor die mens se verpligting wat hy het teenoor God. Die mens word nie gered met die doel om net ‘n heilige, voorbeeldige, geseënde lewe te lei nie, want dan sou die redding net oor jou as persoon gaan. Redding gaan oor die uitbreiding van die koninkryk van God. As jy gered en weegebore is, is jy ‘n soldaat van liefde in SY koninkryk. Soldate van die goeie weg om geregtigheid, vrede, orde, vooruitgang ens.
Almal is soldate en moet toegerus wees om te veg. In die tyd van die Romeinse Ryk was dit elke soldaat se eie verpligting om sy toerusting te kry. Netso is dit elke gelowige se eie verpligting om homself toe te rus om diensbaar te kan wees. Die Woord is die vernaamste bron van lering, dan is daar leraars en ander wat saam met die Heilige Gees toerus. Ek herhaal, dit is jou verplgting om toegerus te word. Die lot van die arme is net ‘n tasbare voorbeeld van ‘n geestelike werklikheid. God se begeerte vir elke kind van HOM is voorspoed, maar jy moet die koninkryk najaag op alle vlakke.
Genade en vrede vir jou.
David