Goeiedag mede gelowiges
Tema: Volhard
Soms voel dit of ons te lank stilstaan in die Wysheids literatuur. Dit is amper of jy versadig word van die onderwerp. Dit is egter nodig om onsself daaraan te herriner dat Wysheid die verpersoonliking van God is.
JESAJA 40:28 AFR53
[28] Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
HY leer ons die weg van saligheid deur SY seun Jesus Christus. Jesus het vir elkeen persoonlik die saligheid verwerf, toe HY in my plek vir my sondes gesterf het. Al wat ons moet doen is om te glo, ons te bekeer en te laat doop volgens HANDELINGE 2:38. Wanneer jy werklik glo volg die werke van geregtigheid. Jakobus stel dit so:
JAKOBUS 2:18 AFR53
[18] Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.
Die eindoel van ons redding is heiligheid, wat die Here in jou werk. Die mens moet op ‘n plek kom, waar die volgende in sy lewe is:
I PETRUS 4:14 AFR53
[14] As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.
Let op die twee voudige salwing; die Gees van heerlikheid en die gees van God. Hierdie teenwoordigheid van God in jou lewe is die waarborg van kindskap in SY koninkryk. Dan lewe ‘n mens in die Gees en het sonde geen vat op hom nie. Dan is die wysheid van SPREUKE jou tweede natuur en lewenswyse. Daarom moet elkeen bekend wees met hoe heiligheid opereer in die mens se lewe. Dit is nie ‘n abstrakte kwaliteit nie maar ‘n verwensliking van ‘n nuwe natuur in die mens se lewe. Dit is meetbaar aan die hand van die wysheid literatuur sodat elkeen homself objektief aan die hand van sy gedrag kan evalueer. Dink die standaard is hoog ?
Kyk wat sê die Woord:
I PETRUS 4:18 AFR53
[18] En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?
Mag jy baie sëen vind uit Sy Woord.
Genade en Vrede vir jou.
David