Goeiedag.
Tema: Leer
Opvoeding en opleiding is soos jou linker en regter hand. Jy het beide nodig om effektief te wees. Die Woord is die bron van ware opvoeding. Die basiese lewensvaardighede soos respek, dissipline, netheid, om te dink, self respek, eerlikheid, ens word hieruit geleer. Alles wat die boustene van integriteit is. Vandag is die gebrek aan opvoeding baie duidelik en moet regerings maatreëls soos gedragkodes instel om mense ‘n kompas in die lewe te gee. Die Woord laat homself duidelik uit oor opvoeding en opleiding en gee duidelike riglyne vir korrekte sosiale gedrag. Die Here het gedrags rëels voorgeskryf vir Sy volk, wat ook die tien gebooie insluit. Hierdie rëels is vandag nog ‘n groot deel van ons regstelsel. Dieselfde rëels geld vir alle vlakke van die samelewing. Daarom staan in SPREUKE:
Spreuke 19:1-3 AFR20
[1] ‘n Arme wat onberispelik leef, is beter as iemand met vals lippe wat boonop ‘n dwaas is. [2] Sonder kennis is selfs ywer nie goed nie, en wie oorhaastig met sy voete is, trap mis. [3] Die sotheid van ‘n mens gooi sy lewenspad omver, maar sy hart tier teen die Here.
Vers twee [2], spreek die belangrikheid van opleiding aan. Ywer kan nie opleiding vervang nie. Vandag lewer skole ‘n groot diens in opvoeding, terwyl opleiding gewoonlik na–skools plaasvind. Opleiding is beroeps gerig , terwyl opvoeding op sosiale orde gerig is. Jesus se dissiples se lewe saam met Hom, is ‘n duidelike voorbeeld van in–diens opleiding, hul is selfs uitgestuur vir praktiese ondevinding en moes dan terug rapporteer (LUKAS 10). Dit is voorbarig van ‘n persoon om te dink hy kan alles self doen sonder opleiding. Sulke haastigheid lei tot foute en skade. Die ironie van die saak is dat sulke voorbarige mense dikwels die Here blameer vir die gevolge van hul eie aksies. Die blaam, kom deels uit die wanopvatting dat die Here jou iets verskuldig is, soos dat Hy jou moet sëen omdat jy sekere dinge doen. Laat ons nugter wees en leer by Hom:
Matteus 11:29 AFR20
[29] Neem my juk op julle, en leer van My, omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is, en julle sal rus vind vir julle gemoed.
Genade en Vrede vir jou.
David