Goeiedag.
Tema: Onwaarhede.
Het jy al ooit daaraan gedink dat die meeste vermaak, wat ‘n mens geniet in effek onwaarhede is. Cowboy stories, speur verhale, romanse, dramas, sepies, ens is fiktiewe gebeure wat vaardig aanmekaar gesit is. Hierdie verhale is of kan lewens vormend wees wanneer jy baie sterk met van die karakters assosieer. Meer dikwels word die media, wat ook maar verhale is, gebruik om sekere standpunte te propageer.
Met die koms van AI, (rekenaargebaseede inteligensie) is dit byna onmootlik om tussen fiksie en die waarheid te onderskei. Daar is ‘n etiese vraag of predikers van AI gebruik mag maak in hul aanbiedinge. Oordeel maar self daaroor. Die volgende ernstige twee aanhalings stel leuens en valse getuienis op dieselfde graad van oortreding:
SPREUKE 19:5, 9 AFR53
[5] ‘n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.
En
[9] ‘n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.
Leuens en valse getuienisse, het al soveel mense se lewens verwoes. Nie net van die slagoffers daarvan nie, maar ook van die leunaars. Die bekendste geval van leunaars wat omgekom het in die Woord is die ware verhaal van Ananìas en Saffíra in HANDLINGE 5. Hul het gou, onmiddelik en dodelik, hul straf gekry. ‘n Baie gevaarliker sitsuasie is waar leuens die mens stadig vergiftig tot op ‘n punt, waar die leuens jou oortuiging word. Hierdie valse verwagtinge en oortuigings kan net deur die wapenrusting van God vernietig kan word:
2 Corinthians 10:4-5 GW
[4] …….powerful weapons from God. With them we destroy people’s defenses, that is, their arguments [5] and all their intellectual arrogance that oppose the knowledge of God……
Dit is onmoontlik om in hierdie paar sinne die vernietiging en hartseer van die slagoffers van leuens aan te spreek. Dit is bo dit ‘n wat mens kan begryp. Let wel alle leuns is sonde.
Ek kan maar net afsluit met die aanhaling:
SPREUKE 4:23 AFR53
[23] Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
Genade en Vrede vir jou.
David