Geoiedag.
Tema: Drank
“n Mens se standpunt oor drank gebruik word bepaal deur die aard van blootstelling daaraan. Slagoffers van drank misbruik, haat dit. Ander is meer geneë daarmee uit hul kulturele agtergrond. Alkohol in verskillende vorme word in meer as sewehonderd medisinale produkte gebruik. Paulus skryf vir Timoteus om wyn as medisyne te gebruik.
Die Woord staan sterk teen drank gebruik maar laat dit toe, vir almal behalwe ouderlinge (Titus 1:7,) en Nasireers (Num 6). In die tye van onkunde, was dit nuttig vir sterlisasie van water, ‘n verdoof middel en ander. Wyn is seker van die mens se bestaan, gebruik tydens feesviering. Jesus se eerste wonderwerk was die maak van wyn vanaf wasbak water (handewas kanne). ‘n Manefistasie van Jesus wat die nuttelose verander na ‘n waardevolle iets. Wat is jou standpunt oor die gebruik van drank?
Behalwe as medisyne sien ek nerens is die Woord dat die gebruik daarvan aanbeveel of dat daar goeie gevolge is nie.
SPREUKE 20:1 AFR53
[1] DIE wyn is ‘n spotter, en sterk drank ‘n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.
SPREUKE 23: 20 tot 36 waarsku tern drank, so ook:
HOSÉA 4:11 AFR53
[11] Hoerery en wyn en mos neem die hart weg.
En nog vele ander Skrifte.
Drank bring skande soos ons sien in die lewe van die Godsman Noag (GENESIS 9:21) en Lot (GENESIS 19:32,33).
In JEREMIA 35 vind ons die gemeenskap van die Regabiete wat geen drank gebruik het nie en deur God geseën is vir hul standvastigheid.
Die Woord sê:
EFÉSIËRS 5:18 AFR53
[18] Moenie dronk word van wyn nie — daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.
Dit is opmerksaam dat mense wat in die Gees is, aangesien kan word asof hul dronk is. Kyk HANDELINGE 2:15 met die uitstorting vd Heilige Gees, ook in 1SAMEUL 1:14 en waar Dawid voor die ark gedans het dat sy klere afval.
In die OT was daar selfs ‘n sterk drank offer aan God (NUMERIE 28:7).
My slotsom is drank gebruik is dom oor baie redes, ek gebruik dit nie agv my verhouding met die Here. Ek kan egter geen Bybelse rede vind wat my die reg gee om ander daaroor te veroordeel nie. Hoe voel jy daaroor?
Genade en Vrede vir jou.
David