Goeiedag.
Tema: Ouer liefde
Voordat jy nie jou eie kinders groot maak nie, besef jy nie wat ouer liefde is nie. Ouer liefde het nie grense nie, dit gee en gee om al word jou hart soms gebreek. 1 KORINTIERS 13: 4-6, spel dìe liefde uit wat realiseer in die liefde van ouers vir kinders. Ek weet van ‘n pa wat kinders sy kos laat eet het. Hy het net op die oorblysels oorleef het vir ‘n lang tyd. Wanneer ons kyk na die liefde van Job en Koning Dawid vir hul kinders, dan kry ons ‘n blik van ouer liefde. Job het gereeld versoening gedoen vir sy kinders (JOB 1:5). Dawid was ontroosbaar as ‘n kind sterf ongeag of hul hom wou vernietig.
Die liefde van goeie ouers vir hul kinders, word dikwels deur kinders gesien as hul reg. In werklikheid is dit ‘n groot onverdiende voorreg is. ‘n Mens besef eers wat jy gehad het of wat jy gemis het, as jy jou eie kroos moet versorg. Vir God is die verhouding tussen kinders en hul ouers belangrik. Hy het dit een van Sy onvervalbare gebooie maak (EX 20:12). Dit word herhaal in die NT:
EFÉSIËRS 6:2 AFR53
[2] Eer jou vader en jou moeder — dit is die eerste gebod met ‘n belofte —
Ten spyte van die goeie lewe wat kinders van hul ouers ontvang het, is daar baie hartelose mense wat hul ouers verag en beroof. Diegene wat verbygaande eer bo hul ouers stel (MARKUS 7:10,11). Sulke gedrag is skandelik en die Woord stel dit duidelik, ook dat daar straf sal kom. Ek lys net een van baie:
SPREUKE 19:26 AFR53.
[26] Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is ‘n seun wat skande maak en skandelik handel.
Hoekom nie eerder jou ouers se hart verbly en salf met die goeie nie.
SPREUKE 23:24-25 AFR53.
[24] Die vader van ‘n regverdige juig baie; en as iemand ‘n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom. [25] Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het.
Vir my is ‘n familie soos soldate wat hul regiment se vlag dra. Die veterane val uit in eer en gee die vlag oor aan die jonges om die vlag hoog te dra. Gelowige gesinne dra die vlag van Christus se familie waardes. Is jy ‘n vlag draer?.
Genade en Vrede vir jou.
David