Goeiedag.
Tema: Ekstra betroubaar
Dit is ondenkbaar dat daar lande bestaan sonder ‘n weermag. Daar is wel ‘n paar, maar hulle steun op ander lande vir hul veiligheid. Dit is soos kinders wat onder die beskerming van hul ouers is. Weermagte bly paraat deur voordurendende inoefening en voorbereiding.
Gelowiges is nog meer in ‘n staat van oorlog gewikkel, wat nie net sporadies is nie maar daagliks plaasvind. Hul het nie fisiese wapens nie maar geestelike wapens.
EFÉSIËRS 6:11 AFR53
[11] Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
Hierdie is ‘n daaglikse gebeurtenis. Dit word gedoen deur bekragtinging uit die Woord. Voordurende gebed, deur jou te verbly, deur die vrug van die Gees, bywoon van onderlinge byeenkomste ens. So ‘n lewe is, die vrug van getrouheid aan die Woord se opdragte en nie vanself nie. Dit is hoe gelowiges paraat bly. Die volgende verse som dit sterk op:
SPREUKE 20:6-7 AFR53
[6] Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind ‘n betroubare man? [7] Wie in sy regskapenheid wandel as ‘n regverdige — gelukkig is sy kinders ná hom.
Die loon kom nie uit welwillenheid nie, maar uit betroubaarheid en regverdige wandel. Wanneer die lig van Christus in jou is en jy in die lig is dit ‘n ewigdurende lig. Helder duidelik en voordurend, nie ‘n flikkerende lig soos ‘n kers nie. Die Woord gebruik die analoog van ‘n lamp met olie en ‘n spaar oliekan daarby. ‘n Gelowige se lewe moet nie ‘n lewe van net deurskraap wees nie maar ‘n lewe van oorvloed. Jesus se mikpunt vir sy kinders is;
JOHANNES 10:10 AFR53
[10] Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Het jy al gevind dat oorvloed die vrug is van getrouheid ? Baie keer is getrouheid meer as net om jou plig te doen. Mens verval so maklik in die strik van selftrevredenheid van, ek doen my plig daarom sal dit goed gaan met my. Soms vereis plig ook dat die ekstra myl geloop word. Lees gerus MATTHEUS 5 vanaf vers 17. Is jy betroubaar in die vervulling van jou lewe?
Genade en Vrede vir jou.
David