Goeiedag.
Tema: Kinders
Een van die grootste voorregte in die lewe is om ‘n ouer van kinders te kan wees. Om ‘n kind te kan lei en help vorm deur sy ontwikkelings jare is nie net ‘n vooreg nie. Dit is ook ‘n groot verantwoordelikheid. Jou kind is ‘n weerspieling van jou eie karakter en lewenswaardes. Hul doen wat die ouers doen met eerlikheid hou noe nie ‘n front voor van vroomheid nie. Die ouer se lewe is hul normaal.
Kinders kies die een ouer se persoonlikheid bo die ander en volg dit na. Hierdie is net my mening wat gevorm is uit waarneming en ondervinding. Ek kleim nie dat ek absoluut reg is nie. Die karakter van ‘n kind moet reeds van kleuter af gerig en gebuig word, na die waardes van die Woord. Wanneer kinders ‘n tiener fase bereik het is hul vorming feitlik verby en vind net afronding plaas. Daar staan geskrywe:
SPREUKE 20:11 AFR53
[11] Die seun laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of sy handelwyse suiwer en of dit reg is.
Wyse ouers probeer kinders vorm wat emosioneel en geestelik sterk en stabiel is met ‘n verwagting van die goeie op hul lewens pad. Soos ‘n ouer ‘n kind se karakter kan lees, so lees die Here elke mens se karakter. Petrus skryf aan die gemeente in die verstrooing;
I PETRUS 1:2 AFR53
[2] uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: ……
Om ‘n gelowige te kan word is sekere karakter eienskappe in ‘n mens se lewe amper ‘n voorvereiste. Hier volg ‘n paar:
Aanvaarding van gesag, wat in der waarheid nederigheid is. Die duiwel wou homself verhef om soos God te wees en die hoogmoed was sy ondergang.
Natuurlike liefde, wat omgee vir ander en hul stel bo jou strewe om bo te kom. Dit beteken om ander te eer en nie op hul te trap as leêr van sukses nie.
Lees die hele lys van slegte karakter einskappe in :
II TIMÓTHEÜS 3:1-9 AFR53
[1] MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom…….
Hierdie karakter trekke weerhou die mens van God se genade deurdat hul hulself as ‘n god ag. Watter van die eienskappe is in jou lewe wat verhoed dat Hy sy wil in jou lewe kan bereik?
Genade en Vrede vir jou.
David