Goeiedag.
Tema: Glans
As die woord sterre genoem word, wat is die eerste gedagte waaraan jy dink? Hollywood, musiek, sport, ens, of sonne en planete in die hemel ruim? Jou antwoord sal waarskynlik ‘n goeie aanduiding wees van dit wat vir jou belangrik is in die lewe. Die Woord het nie ‘n positiwe siening oor die blink van die wereld nie.
I JOHANNES 2:15-16 AFR53
[15] Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. [16] Want alles wat in die wêreld is — die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe — is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
Dit is nie strelende woorde nie, inteendeel dit is soos ‘n hou met ‘n sweep wat bloed trek. Om die punt verder te dryf lees ons:
SPREUKE 21:3-4 AFR53
[3] Om geregtigheid en reg te doen, is vir die Here verkiesliker as offers. [4] Hoogheid van oë en trotsheid van hart — die glans van die goddelose is sonde.
Vers vier klas wereldse grootsheid as sonde. Salomo se lewe bring die regte perspektief hieroor:
II KRONIEKE 1:11 AFR53
[11] Toe sê God aan Salomo: Omdat dít in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die lewe van jou haters of selfs ‘n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jou begeer het om my volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer —……
Salomo het reg gekies en daardeur ewige glans gekry. Sy werke is die bron van ware geregtigheid in praktyk, wat al vir eeue deur gelowiges bestudeer word. Hy is vir my ‘n voor vervulling van Daniel se profesie:
DANIËL 12:3 AFR53
[3] En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.
Wat ‘n fantastiese belofte van ewige glans vir verstandige gelowiges. Ek kan nie dink dat enige persoon nie deel wil wees daarvan nie. Dit is die beloning die wat MATTHEUS 28: 19 uitvoer, gedryf deur liefde. Wat motiveer hul wat uitmis op die belofte?
Genade en Vrede vir jou.
David