Goeiedag.
Tema: Dankoffers
Die onderwerp van geld in ‘n kerk is vir sommige ‘n baie sensitiewe saak. Hulle wil dit nie graag bespreek nie. Tog is dit ‘n saak wat deeglik deurdink en bespreek moet word sodat ‘n ingeligte, kundige besluit gemaak kan word. Die Woord waarsku teen ‘n emosieonele en impulsiwiteit besluit:
Proverbs 20:25 GW
[25] It is a trap for a person to say impulsively. “This is a holy offering!” and later to have second thoughts about those vows.
I KORINTHIËRS 16:1-2 AFR53
[1] WAT die insameling vir die heiliges betref,….. [2] Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is,…..
Drie duidelike gedagtes kom uit naamlik; Dissipline in gee, gee namate jou voorspoed en hou emosie onder beheer. Dit is ‘n bitter pil om te sluk as jy ‘n mens is wat hardwerk en spaarsamig leef en jou offergawes word verspil waar jy gee. Het jy al in so ‘n slaggat getrap?
Het jy daaruit geleer en ook vergewe?
In die verhaal van Ananias en Saphira is dit duidelik dat die beginsels nie toegepas is nie met tragiese gevolge. Dit is nie so ‘n geisoleerde geval soos mens sou dink nie. Selfs vandag nog is oneindige bitterheid en hartseer by hul wat in die voorspoed teologie ingekoop het.
Dit vereis geld om ‘n gemeente te bedryf. Daar ‘n verpligting op elke lidmaat van ‘n gemeente om sy deel by te dra. Fisies, geestelik en ook finasieél namate sy voorspoed. Die onus rus op die lidmaat om te bepaal of hy saamstem met die gemeente se visie. Op elke dorp staan daar kerk geboue in prag en praal met ‘n gemeente wat sukkel om dit te onderhou.
Miskien is Jesus se woorde dat SY koninkryk nie van hierdie werêld is nie, nie reg gehoor nie. Die Woord spel duidelik uit dat aalmoese, maw klein geskenkies aan mense wat nood het gegee moet word. Paar goeie redes daarvoor. Dit voorkom afhanklikheid van die gewer. Hou gewer nederig, word makliker ontvang omdat jy ontvanger nie verneder nie, ens., vul self aan. Hoeveel denke en gebed gaan in jou offergawes in?
Genade en Vrede vir jou.
David