Goeiedag.
Tema:
Twisgierige vrou
Die Woord is baie spesifiek in detail. As dit dan verwys na ‘n twisgierige vrou is dit hoofsaaklik toepaslik op vrouens omdat hul seker dalk meer geneig is daarna. Die beginsel sluit egter mans en ook kinders in. Twisgierigheid dryf mense uit mekaar en maak dit onuithoubaar om met so ‘n mens saam te leef. Die volgende verse druk die belewenis uit van ‘n slagoffer van so persoon, almal wil net wegkom.
SPREUKE 21:19 AFR53
[19] Dit is beter om in ‘n woeste land te woon as by ‘n twisgierige vrou en ergernis.
SPREUKE 27:15 AFR53
[15] ‘n Aanhoudende gedrup op die dag van ‘n stortreën en ‘n twisgierige vrou is net eenders.
SPREUKE 21:9 AFR53
[9] Dit is beter om op die hoek van ‘n dak te woon as by ‘n twisgierige vrou en ‘n gemeenskaplike huis.
Dit is seker ‘n ope vraag oor wat mense twisgierig maak. Befoetertgeid wat kom van interne siels ongelukkigheid? Perfeksionisme wat nooit bereik kan word nie? ‘n Gevoel van onbekwaamheid om aan eie standaarde te voldoen? Jaloesie? Onvergenoegdheid ? Gebrek aan eie waarde?……
Uit die vrug van twisgierigheid is dit duidelik dat dit ‘n wapen van die bose is om mense se vrede te steel. Afgunstigheid het gemaak dat die Here mense laat vertreer het deur die aarde (NUM 16):
PSALMS 106:17 AFR53
[17] Die aarde het oopgegaan en Satan verslind en die bende van Abíram oordek.
Twisgierigheid is sonde, dit vereis bekering van die dooie werke sodat die Here die mens kan vrymaak en verlos. Uit die vermelde Skrifte is dit duidelik dat twisgierigheid verhoudings vernietig; gesin, persoonlik, organisasies, sport…
Daar is niks goeds te sê oor twisgierigheid nie, dit is nie ‘n sterk persoonlikheid nie, dit is nie ‘n aanduiding van sukses nie, dit verteenwoordig nie intellegensie nie maar is sotheid, dit is koppigheid, ens….
Dink jy dat twisgierigheid ‘n moontlike deel van jou is? Ken jy twisgierige mense? Wanneer ons die verwoestende gevolge daarvan sien, sal ons nie elkeen die Heilige Gees vra of ons nie dalk skuldig is nie?
Genade en Vrede vir jou.
David