Goeiedag.
Tema: In SY wil
Daar is n mooi Afrikaanse spreekwoord; die mens wik maar God beskik. Dit beteken die mens maak planne maar God bepaal die uitkoms daarvan. Dikwels streef ‘n mens na hoë ideale en dinge maar dit beteken nie dat daardie strewe geluk in jou lewe gaan bring nie. Soms werk die planne nie uit nie en is die mens ongelukkig met die Here. Omdat die Here alles weet, sien en verstaan maak HY soms deure toe om SY kinders te beskerm. Die verhaal van Balak, Bileam en Israel is ‘n sprekende voorbeeld van die Here se beskerming van SY kinders ( NUM 23). God het Bileam verhoed om die volk te vloek en ‘n donkie gebruik om hom te berispe en dus hom beskerm teen homself. Die moderne geskiedenis is vol van voorbeelde waar die Here mense beskerm om hul later te gebruik in SY diens: Ghandi, Churchill, Hitler… Daarom sê SPREUKE:
SPREUKE 20:24 AFR53
[24] Die voetstappe van ‘n man hang van die Here af: hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan?
Die pad wat ‘n mens stap, bly ‘n ontdekking todat die dood kom. Vir sommige is dit ‘n avontuur to op die einde. PSALM 37 gee raad hoe om die pad te stap:
PSALMS 37:4-6 AFR53
[4] en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. [5] Gimel. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer; [6] en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.
Diep geheimenisse wat die moeite werd is om te bepeins. As jy dit doen gaan en sal die Here jou optel uit slegte omstandighede en jou voete op ‘n wenpad plaas. ‘n Wenpad vereis ‘n lewe van geloof en geregtigheid. Wanneer jy koninkryk gerig lewe het jy die Here se seën op jou werke. Om te verduidelik, koninkryk gerig lewe is om alles te doen asof jy dit vir die Here doen. Vir ‘n huisvrou kan dit beteken om skottelgoed te was met ‘n lied. Vir ‘n skoolier om hard te leer ens. ‘n Vroom lewe verheerlik die Here waar jy geplaas is, want dan is jou lewe ‘n getuie. Glo jy jou lewe is in die hand van die Here? As jy dit glo sal jy voluit leef.
Genade en vrede vir jou.
David