Goeiedag.
Tema: Die koning
Vind jy ook geskiedenis fasinerend? Wanneer mens kyk na die Christendom, die Jode, die profesieë van Daniel, die Chaldeers, ens, is jy verstom oor die bestuur van God dwarsdeur die gebeure. Inderdaad geld die Skrifte:
SPREUKE 21:1 AFR53
[1] DIE koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.
MATTHÉÜS 28:18 AFR53
[18] En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
In SY mag bring die Here ‘n gesin uit Palestina (Jakob) na Egipte. HY bou SY eie volk uit hul, oor ‘n vierhonderd jaar periode. Dan verhard HY die koning van Egipte se hart om nie Sy volk te laat trek nie, sodat HY SY mag kan openbaar met die tien plae. Dan volg die wonderwerk van die Rooi see. Deur Moses se staf split HY die see en verdrink die Egiptiese leer daarin.
Die geskiedenis van die veertig jaar tog deur die woestyn gevul met wonderwerke: wolk en vuur kolom, berg Horeb, manna, kwartels en nog vele meer.
Die herstel van Israel na tweeduisend jaar in verstrooiing. Daar is te veel gevalle om te noem hoe die Here die geskiedenis beheer, deur mense, deur al die eeue. Net ‘n blinde dwaas kan nie God se hand sien in die verloop van die wereld nie. Die grootse oorsaak is dat die mens se lewensduur te kort is. Meestal ontvou die gebeure oor geslagte en nie in ‘n enkel persoon se lewe nie. Verder lees min mense die geskiedenis uit ‘n perspektief van, God is in beheer. Ander lees glad nie daarom verstaan hul niks.
Wanneer dit vir jou belangrik raak om God se tydlose werke te verstaan sal jy begin lees. Dit is dan, dat die vrese van God in jou plaasvind, die mens word met ontsag en verwondering gevul. Ongelukkig lees ons dikwels met ‘n bril van wetenskaplike teorieë en hipotesis van ongelowiges, want dit is wat hoofsaaklik aangebied word. Met ‘n nugter uitkyk sal jy sien dat die wêreld tans in ‘n fase van vervulling van die Skrifte oor die eindtyd is. Die tyd van die groot verdrukking is hier, daarom is regerings en die samelewing soos hul is. Die Here bestuur konings om die pad van die AntiChrist voor te berei.
Genade en Vrede vir jou.
David