Goeiedag.
Tema: Die Here se teenwoordigheid
Om te praat van die Here se teenwoordigheid op aarde klink vir baie vergesog. Tog is die werlikheid daarvan baie duidelik uit die verhaal van die Exodus. God was teenwoordig in die vorm van ‘n bonatuurlike wolk kolom in die dag en ‘n vuur kolom in die nag. HY het direk met Moses gepraat en opdragte gegee. In Pinkster terme praat hul van ‘n salwing wat op ‘n persoon rus.
Die mate waarop die salwing op ‘n persoon rus, verskil van individue. So byvoorbeeld het Elisa ‘n dubbel maat van Elia se salwing ontvang. Ek het lank geworstel met die vraag; hoekom is dit asof die werking en teenwoordigheid van die Here onders SY kinders afneem. My verwysings raamwerk is my ondervinding van die teenwoordigheid van die Here oor ‘n tydperk van ongeveerd vier en sestig jaar. Vanaf ‘n peuter was ek blootgestel aan die teenwoordigheid van die Here, as jy dit ken sal jy weet waarvan ek praat. Dit is tragies dat baie gelowiges nie Heilige Gees se teenwoordigheid ken nie. In die WOORD is daar tenminste twee voorbeelde waar die Here HOM onttrek van die mens.
Sien ESEGIËL 9,10,11
ESÉGIËL 10:4 AFR53
[4] Toe het die heerlikheid van die Here van die gérub af opgestyg oor die drumpel van die huis; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die Here se heerlikheid.
ESÉGIËL 10:18 AFR53
[18] En die heerlikheid van die Here het van die drumpel van die huis af weggetrek en bo die gérubs gaan staan.
ESÉGIËL 11:23 AFR53
[23] En die heerlikheid van die Here het opgestyg uit die stad uit weg en het gaan staan op die berg wat oos van die stad lê.
Indien jy hierdie gedeelte lees sal jy sien dat dit ongeregtigheid is wat die oorsaak van hierdie gebeure was.
Ek wil dit waag om te sê dat; hoe heiliger ‘n gemeente, hoe groter is die Here se teenwoordigheid daar. Dink jy dat daar ‘n tyd sal kom wat die kerk godsdienstig sal wees sonder die Here.
Jesus sluit SY betoof aan die gemeente van Laodiscense af in OPENB. 3, kyk ek staan by die deur en klop…..
Sal daar nog herstel kom?
Genade en Vrede vir jou
David