Goeiedag.
Tema: Spotter
Ongelukkig is daar moeilikheidmakers in die lewe wat ‘n behae het om die vrede te versteur. Dit kom in alle groeperinge voor, gesin, kerk, vriende, familie, ens. Of ons dit glo of nie, diesulkes het ook ‘n noodsaaklike rol om te vul. Jesus se eie woorde:
MATTHÉÜS 18:7-8 AFR53
[7] Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.
Definisie van Wee is ‘n uitroep of uitdrukking wat gebruik word om diepe hartseer, benoudheid of moeilikheid oor te dra (Aankyn woordeboek)
‘n Struikelblok, laat ‘n mens val en bring skade. SPREUKE spreek die spotter struikelblok aan,
SPREUKE 22:10, 12 AFR53
[10] Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.
SPREUKE 24:9 AFR53
[9] Die sonde is ‘n dwase voorneme, en die spotter is ‘n gruwel vir die mensdom.
SPREUKE 21:24 AFR53
[24] ‘n Vermetele, ‘n trotsaard word ‘n spotter genoem, een wat in oormaat van vermetelheid handel.
Die raad wat gegee word is redelik drasties, maar effektief. Het jy al deurgeloop onder spotter, ‘n eindelose getergery, verkleineering, afknou, of een van die vele ander tegnieke van spottery? Die effek is nooit opbouend nie en laat altyd letsels. Soms raak mense so sat van spotters se vermetelde raad, dat hul op die punt kom waar hul ‘n standpunt inneem van. Niemand sê my niks nie. Spotters tas in hul dwaasheid soms heilige sake aan waarvoor hul ‘n straf sal ontvang.
Daar is talle voorbeelde in die Woord daarvan. Die wortel van spottery is vermetelheid , hoogmoed. Dit is in die hedendaagse waardestesel belangrik om vol selfvertoue en onafhanklik te wees. Na my mening net ‘n verskuilde vorm van hoogmoed, n eienskap wat God haat. As mense se bekwaamheid en effektiewiteit gelyk was aan hul ego, sou ons in ‘n wonderlike wêreld gewoon het. Die mens wat sy onvermoë en afhanklikheid van God besef, is ‘n nederige mens. Dit is die Bybelse manier van opvoeding. Kweek jy spotters of streef jy daarna?
Genade en Vrede vir jou.
David