Goeiedag.
Tema: ‘n Naam
Ons ken mense by hul name en daarby het ons ‘n beeld van hul. Aan goeie vriende dink ons met deurnis en liefde, teenoor ons vyande staan ons afsydig. ‘n Naam bring ‘n onwillikeurige emosie. Wanneer jy iemand vergewe wat jou kwaad aangedoen het, maak jy negatiewe emosies los van ‘n naam, en blok jy die naam af in jou geheue en denke en probeer nooit weer daar gaan nie. In effek is daardie persoon dood vir jou.
Tog sien ons Paulus verwys na Demètrius van Effese wat hom groot skade gebrokken het aan die einde van sy lewe en dat die Here hom gaan vergeld. Die mens vergewe en vergeet maar die Here laat geregtigheid geskied.
Demètrius het vir homself ‘n slegte naam gebou wat deur elke Bybel leser onthou word.
‘n Naam dra ‘n groot gewig, sodanig dat die Here self sekere mense se name kies, voorbeelde soos Johannes, Jesus en verskeie ander. In die gevalle dra ‘n naam die vervulling van ‘n profesieë. In vandag se terme, ‘n naam vir ‘n geheime projek. Dit gee nog ‘n betekenis aan die aanhaling:
SPREUKE 22:1-2 AFR53
[1] ‘n NAAM is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud. [2] Rykes en armes ontmoet mekaar, die Here het hulle almal gemaak.
PREDIKER 7:1 AFR53
[1] ‘n GOEIE naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag.
Van Sion sê die Here:
JESAJA 49:16 AFR53
[16] Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.
‘n Naam is dikwels ‘n beloning:
FILIPPENSE 2:9 AFR53
[9] Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is.
JESAJA 45:4 AFR53
[4] ter wille van Jakob, my kneg, en Israel, my uitverkorene, het Ek jou by jou naam geroep; Ek het jou ‘n erenaam gegee, hoewel jy My nie geken het nie.
OPENBARING 2:17 AFR53
[17]…..Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.
Sal ons dan nie elkeen so leef sodat ons name gekopel kan word aan die naam van Jesus nie? Begeer jy ‘n ook ‘n ere naam?
Genade en Vrede vir jou.
David