Goeiedag.
Tema: Realiteit
Terwyl mens so deur SPREUKE gaan dring, dit tot jou deur dat daar geen sagte strelende gedagtes in is nie. Die boek bring die harde werkilheid van die lewe uit. Dit is nie ‘n boek van strelende bemoediging nie maar oorsaak en gevolg. Dit handel oor die eise van die lewe.
SPREUKE 22:6 AFR53
[6] Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.
As jy opgroei met ‘n verwagting van ‘n sagte en beskermde lewe sal dit jou verniel een of ander tyd. As jy met ‘n realistiese lewens verwagting groot word sal jy dit wat na jou kant toe kom kan hanteer. Dan sal jy groei en gedy in die lewe want jou verwagting is realisties.
Wanneer jou godsdiens geskei is van die werklikheid van die lewe is dit ‘n mite, en ‘n misleiding. Alles in die lewe het ‘n prys gekoppel daaraan wat ‘n tol eis. Indien ‘n mens die ewige lewe wil beërwe se die Skrif, die pad is nou. Die gelowige in Jesus Christus stap nie die pad alleen nie, maar het die ondersteuning van die kerk in die wyer sin van die woord. Jy word ondersteun deur: die Here, mede gelowiges, ander wat soos jy dink, die Woord, engele , die hele liggaam van Christus. Dit is nie dat die Woord ooit sag word nie:
JOHANNES 6:66-67 AFR53
[66] Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. [67] Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie?
Om die Here te dien is en bly ‘n uitdaging. Gelowiges is en bly die teiken van die bose. Die bose wil hul beroof van die kosbare skat van die saligheid. Daarom sal sy reklame afdeling jou teiken met leë beloftes om jou te verlei soos Eva. Die gelowige lewe egter, ‘n vreugdevolle oorwinnings lewe, van gemeenskap met die Heilige Gees. Vol vrede, blydskap, verwagting, gemeenskap, en openbaring. Daarom hou goeie moed terwyl jy jou lewe spieel in die werklikheid van die Woord.
GALÁSIËRS 6:9 AFR53
[9] En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
Genade en Vrede vir jou.
David