Goeiedag.
Lyfstraf
Ons het al gedagtes gedeel oor lyfstraf, maar nie die Woord se direkte verwysing daaroor aangehaal nie:
SPREUKE 23:12-19 AFR53
[12] Bring jou hart na die tug en jou oor na woorde van kennis. [13] Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie. [14] Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red. [15] My seun, as jou hart wys word, dan sal my hart hom ook verheug. [16] En my niere sal jubel as jou lippe spreek wat reg is. [17] Laat jou hart die sondaars nie beny nie, maar wees die hele dag in die vrees van die Here. [18] Waarlik, daar is ‘n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie. [19] Hoor, my seun, en word wys, en rig jou hart reguit op die weg.
Vers twaalf dui op ‘n ingesteldheid van die ouer, so mooi gestel in: NASB
Proverbs 23:12 NASB1995
[12] Apply your heart to discipline And your ears to words of knowledge.
Wanneer ‘n persoon ‘n gedisiplineerde mens is, wat wysheid soek. Hy sal dit ook van ander verwag en hul daarin skool. So ‘n gesindheid is ‘n kosbare skat wat veel vrug dra. Daarom wil jy graag hê dat ander dit ook beleef. Dit is soos om die Here te dien. Dit is so ‘n wonderlike lewe dat jy uit jou hart uit wens, ander kan dit ook smaak.
Hierdie is ook die motivering vir ‘n ouer om sy kind dissipline te leer. Hul weet wat die vrug daarvan is. Dit is nie nodig om te praat oor die vrug van ‘n losbandige lewe nie. Dit oorheers die nuus en die tronke. As mens in die vrees van die Here leef is daar ‘n goeie toekoms, in hierdie lewe en daarna. Dan is Jesus se woorde jou belewenis:
MATTHÉÜS 11:29-30 AFR53
[29] Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; [30] want my juk is sag en my las is lig.
Hoe kan ‘n mens stilbly oor so ‘n wonderlike skat wat jy gekry het. Hoekom sal jy nie ander, veral jou kinders wat jy liefhet, nie ook hierdie voorreg wil laat smaak nie. Nog ‘n keer: Apply your heart to dissipline and your ears to words of knowledge.
Genade en Vrede vir jou.
David