Goeiedag.
Tema: Verandering
Veranderinge bring onsekerheid en spanning. Daar is postiewe veranderinge wat kom uit die ontwikkeling van tegnologie, byvoorbeeld selfone, wi-fi, mediese ontwikkelinge, ens. Daar is dwase veranderinge wat persoons of politiek gedrewe is wat rampspoedige gevolge het. Dit is veranderige wat gemotiveerd is deur selfsugtige redes en nie deur die voordeel wat dit inhou vir die breër gemeenskap nie. In die Woord is daar ‘n duidelike waarskuwing teen verandering ter wille van verandering:
Proverbs 24:21-22 GW
[21] Fear the Lord, my son. Fear the king as well. Do not associate with those who always insist upon change, [22] because disaster will come to them suddenly. Who knows what misery both may bring?
Vers een en twintig begin met ‘n kritieke waarskuwing, Vrees God bo alle dinge. Daarom is dit wys om enige voorstel van verandering aan SY Woord te toets. Die Woord spreuk alle areas van menswees aan, niks is uitgesluit nie. Wanneer jy verandering voorstaan of ondersteun wat SY beginsels verontagsaam is jy medepligtig en is daar negatiewe gevolge. Dieselfde geld as jy die regering buite die demokratiese beginsels teëstaan. Die Woord stel dit duidelik dat die Here self regeerders aanstel. Gelowiges sal altyd die sekulêre wereld aanstoot gee en teenstand kry omdat hul die Gees van God binne in hul het.
Laat elkeen dan, ‘n persoon van invloed wees om die beproefde Woord waardes in stand te hou. SY waardes verander nie met tyd nie en is vas gelê en openbaar.
MATTHÉÜS 28:19 AFR53
[19] Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Die waardes erodeer nie met die verval van menslike sedes nie, maar konfronteer elke verandering van gemak en kompromie met die verkeerde. Tye verander maar God se waardes staan vas en is onveranderlik soos HY. Dwarsdeur die geskiedenis van die mensdom was daar altyd ‘n oorblyfsel wat SY waardes in stand gehou het, ongeag wat die kerk mode van die tyd was, wees een gan hulle.
Genade en Vrede vir jou.
David
The article is good and well organized. The site is useful
and clear.