Goeiedag.
Tema: Werk prioriteite
Gelukkig is die mens wat kan onderskeid tref, tussen die belangrikheid van verantwoordelikhede. Sommige take het ‘n hoër prioriteit as ander, as jy nie kan onderskei nie sal jy oorweldig word deur jou pligte. Die Woord lei ons ook in hierdie opsig:
SPREUKE 24:27, 30-31, 33-34 AFR53
[27] Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.
Dit is duidelik uit die vers dat, om te saai en te plant meer belangrik is as die voorkoms van jou huis. Om ‘n goeie inkomste te verseker belangriker is as om as jou woon gerief. Dan maak Jesus ‘n verdere stelling oor prioriteite:
MATTHÉÜS 6:31, 33 AFR53
[31] Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?
[33] Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Dit is nie dat HY die stelling weerspreuk nie, daar word net geestelike dimensie aan jou prioriteite gekoppel. Jesus sê nie; soek MY en EK doen jou werk vir jou nie. Wanneer jy plant, saai en woeker, voorsien die Here, deur Sy seën op die werk van jou hande. Die sweet van jou aangesig moet ook tot eer van die Here wees.
KOLOSSENSE 3:23-24 AFR53
[23] En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, [24] omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.
Jou werks en lewens omgewing moet getuig daarvan dat jy die lewe en lig van Christus indra waar jy ook al beweeg. Dat jy SY koninkryk laat groei deur jou dagtake. Wanneer jou lewe ‘n geur van lewe en lig dra, vlug die bose voor dit. Die motief waarmee jy werk verander. Dit is nie net terwille van ‘n inkomste nie, maar om die koninkryks waardes van diens te vertoon. Dit is om jou taak te doen met die wete van die hoër dimensie daarvan. Ons kry ‘n blik op die effek daarvan in:
MATTHEUS 25: 31-45 en ook
MATTHÉÜS 10:41 AFR53
[41] Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die loon van ‘n profeet ontvang; en wie ‘n regverdige ontvang omdat hy ‘n regverdige is, sal die loon van ‘n regverdige ontvang.
Genade en Vrede vir jou.
David