Goeiedag.
Tema: Betroubaar
As tiener het ek aan ‘n jeug beweging behoort waarin die beginsel ” My woord is my eer “, een van die primêre beginsels was. Om ten alle tye eerlik te wees vra ‘n prys en ‘n beginsel vaste karakter. Soms is dit ‘n keuse tussen lewe en dood . Eerlikheid is een van die tien gebooie:
EXODUS 20:16 AFR53
[16] Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
KOLOSSENSE 3:9 AFR53
[9] Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het.
Die Woord toon die effek van leuens op die mens onomwonde:
SPREUKE 25:18-20 AFR53
[18] ‘n Knopkierie en ‘n swaard en ‘n skerp pyl, so is ‘n man wat teen sy naaste as valse getuie optree.
Dit het ‘n driedubbele effek op beide eie slagoffer as die leunaar. ‘n Knopkiere kneus en breek beendere, ‘n swaard sny diep wonde en ‘n spies dring om te dood. Die duiwel is die vader van die leuens, wanneer jy lieg spreek jy dood. Dit affekteer liggaam, siel en gees. Bepiens maar die effek van leuentaal, niks goed nie.
‘n Verdere voorbeeld van onbetroubaarheid word in die volgende vers getoon:
SPREUKE 25:19
‘n Slegte tand en ‘n voet wat swik, so is die vertroue op ‘n ontroue in die dag van benoudheid.
So ‘n insident laat ‘n slegte smaak en die mond en bring teleurstelling wat lank vat om te genees. Indien ooit. Dit is amper onmoontlik om weer te vertrou in iemand wat jou diep teleurstel. Daar bly vir altyd agterdog in ‘n mens se hart, want die karakter van die persoon word bevraagteken. Het jy al so iets in jou lewe beleef, hoe het jy reageer en dit verwerk?
Betroubaarheid gaan verder as net tasbare optrede. Dit raak ook aan sensitiwiteit met ander se gemoeds toestand. Elkeen moet hul self ondersoek of hul betroubaar is met ander se emosies .
SPREUKE 25:20
Soos een wat ‘n kleed uittrek op ‘n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat ‘n bedroefde hart met liedere verwelkom.
Dit is onnodig om te sê dat indien diep seer gedeel word, word dit nooit herhaal nie. Persoonlik vermy ek sulke gespreke want dit plaas ‘n baie groot verantwoordelikheid op jou. Soms moet jy daaroor praat terwille van ander betrokke partye om hul te beskerm.
Die vraag wat elkeen aan hom self moet antwoord is: Hoe hetroubaar is jy self?
Genade en Vrede vir jou.
David