Goeiedag.
Vyande
In die vertalings van die Bybel wat ons lees word daar net een woord gebruik vir vyand. In die OT word een woord gebruik en in die NT ‘n woord. Die woord in die NT kan ook vertaal word as teëstander, ‘n teestander is nie ‘n vyand in die eng sin van die woord nie. Teëstanders kan mense wees waarmee kompeteer word, soos in die geval van sport en ander.
Israel was in oorlog teen ander nasies, vyande wat hul bestaan as volk bedreig het:
NÚMERI 25:17 AFR53
[17] Behandel die Midianiete as vyand en verslaan hulle,
Daar is nog ‘n hele Bybel vol van sulke voorbeelde. Op ander plekke rig die Woord hom direk tot ‘n persoon, op die individu, “jy”. Dit is in ‘n persoons verhouding, nie nasie verhouding nie. Die gedagte word versterk met:
LEVÍTIKUS 19:18 AFR53
[18] Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.
SPREUKE 25:21-22 AFR53
[21] As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink. [22] Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die Here sal jou dit vergelde.
Ons is bekend met dieselfde beginsel uitsprake in die NT, byv
MATTHÉÜS 5:44 ,I PETRUS 2,3.
Sommige dink dat hierdie bepalings beteken dat jy ‘n swakkeling of passifis moet wees. Wat voordurend ‘n slagoffer of vloerlap van ‘n ander moet wees. Nee stellig nie, dit word uit ‘n posisie van gesag gedoen . Voorbeelde is waar Jesus op die kruis en Stefanus tydens steniging, bid om vergifnis vir die wat oortreë. Sonde en oortreding is verdoem voor God. Wanneer die mens dan vergewe bring hy versoening vir homself. Die Psalms is vol voorbeelde van waar koning Dawid vra vir die verdoeming van kwaadwillige mense, sy vyande. Let wel hy het Saul gereken as ‘n teëstander en nooit aangeraak nie. Paulus skryf aan die einde van sy lewe oor mense wat hom kwaadwillig behandel het en vra vir vergelding.
II THESSALONICENSE 1:6 AFR53
[6] aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,
Wanneer ons vergewe gee ons die saak in die hand van die Here, wat regverdig oordeel. Dan is jy veilig en bewaar van oortreding in die saak.
Genade en Vrede vir jou.
Dawid