Goeiedag.
Tema: Vergenoegd
Dikwels is mense onseker van wie en wat hul is. In huise met baie liefde word kinders gedissiplineer groot. Vaste grense en die wete dat hul behoort en geliefd is. Self in tye van rebelsheid teen die huis orde bly die wete van ware kindskap. Na my mening lei hierdie stabiliteit tot vergenoegdheid in latere lewe want daar was nie ‘n tekort en liefdes honger met grootword nie. Diesulke mense is geborge in hul mens wees en vergenoegd en soek nie oormaat aandag en verstroosting nie. Die Woord stel ‘n basiese vlak van vergenoegdheid, en dit is nie oordaad nie;
I TIMÓTHEÜS 6:8 AFR53
[8] Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.
Dit geld ook vir omstandighede waarin die Here jou sit:
FILIPPENSE 4:11 AFR53
[11] Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.
Dit is duidelik dat dit ‘n harts ding is, want dit is gekoppel aan geloof in Christus:
I TIMÓTHEÜS 6:6 AFR53
[6] Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.
In SPREUKE vind ons ‘n paar toepassing van vergenoegheid. Eerstens die onvergenoegde eer soeker wat dalk smag na aansien erkenning:
SPREUKE 25:14-17 AFR53
[14] ‘n Man wat hom beroem op ‘n geskenk wat hy tog nie gee nie, is soos dampe en wind waar geen reënbui by is nie.
Die vergenoegde het groot krag want geduld is deel van die volwassenheid:
[15] Deur lankmoedigheid word ‘n vors oorgehaal, en ‘n sagte tong verbreek die gebeente.
‘n Vergenoegde mens vergryp nie, al is daar geleentheid daarvoor:
[16] Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie.
‘n Vergenoegde persoon kan alleen wees omdat tevredenheid nie van ander se geselskap afhang nie:
[17] Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.
Daar is nog baie eienskappe wat ‘n kenmerkend is van vergenoegdheid, te veel om te noem. Dit is nie dat vergenoegdheid dryfkrag en die strewe na vooruitgang blus nie. Dit vorm net ‘n vaste fondament waaruit jy ‘n posisie van innerlike vervulling uit Goddelke krag vorentoe kan beur.
Genade en Vrede vir jou.
David