Goeiedag.
Tema: Die Horlosie
Daar was ‘n tyd toe die waarde van ‘n horlosie aangedui is deur die hoeveelheid juwele wat dit het. Dit is interresant om dit op te lees. Hierdie juwele was sintetiese robyne en safiere wat gebruik is vir laers (bearings) waarin die aste vd horlosie gedraai het. Die juwele is slegs sigbaar as jy die horlosie se meganisme bekyk.
‘n Horlosie is ‘n pragtige analoog van die werking van die lewe. Die koning is die gesig van die horlosie, altyd die mees opsigtelike persoon. Uitvoerende amptenare is soos die wysers wat beweeg en tyd aan dui. Juwele is dit wat buite sig die ratte aan die gang hou. Die volgende verse gee insig in die orde van lewe:
Proverbs 25:6-7 NASB1995
[6] Do not claim honor in the presence of the king, And do not stand in the place of great men; [7] For it is better that it be said to you, “Come up here,” Than for you to be placed lower in the presence of the prince, Whom your eyes have seen.
Wanneer jy ‘n juweel is, sien niemand jou nie maar tog is jy net so belangrik as die gesig of die veer of die kleinste ratjie. As juweel is jy dalk mooier en meer waardevol as baie ander dele , maar jy word nie vertoon nie. Jy is presies op die plek wat jy bedoel is om te wees. Soms mag jy vertoon word om jou waarde toevoeging bekend te maak, maar dit kom nie uit jouself nie. Paulus gebruik die liggaam om hierdie konsep te verduidelik. ( 1 KOR 12: 12…..)
Geen lid van die liggaam is ondergeskik of minderwaardig ten opsigte van ‘n ander deel nie. As een deel ly, ly die hele liggaam. Jy is waardevol in en vir die liggaam. Jy persoonlik is waardevol genoeg geag dat die Here jou persoonlik ontmoet het. Meer as dit dat jy ‘n Koningskind. Is daar ‘n groter voorreg as dit? Julle is duur gekoop deur die bloed van die LAM:
I PETRUS 1:23 AFR53
[23] want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.
GALÁSIËRS 5:26 AFR53
[26] Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.
Genade en Vrede vir jou.
David