Goeiedag.
Tema: Raadgewers
‘n Uitstaande kenmerk van wyse mense is hul wete dat hul nie alles weet nie. Nederigheid is ‘n integrale deel van wysheid. Hul besef die faalbaarheid van eie insig. Die wyse versamel raadgewers met ‘n geskiedenis van sukses rondom hulle. Job het drie vriende gehad het waarop hy staat gemaak het om perspektief op sy denke te kry. Netso behoort by elke mens ‘n vertrouens kring van kundige mense. Dit geld vir alle vlakke van die lewe. Of jy ‘n goeie skelm wil wees, of ‘n ewigheids verwagting saam met Christus wil beleef, elkeen benodig goeie raad vir sukses.
Hoeveel mens reken jy dink en beplan met raadgewers, hul lewe en loopbaan? Kort termyn sowel as lang termyn? Watter persentasie van mense dink jy leef maar soos ‘n stomerik, onbepland en doelloos?
Is dit nie ‘n vorm van luiheid en onverantwoordelikheid nie? Dink jy dat die Here van jou rekenskap gaan vra oor wat jy met jou lewe gemaak het, soos in die gelykenis van die talente? Die volgende vers is op alle mense van toepassing:
Proverbs 25:5 NIV
[5] remove wicked officials from the king’s presence, and his throne will be established through righteousness.
SPREUKE 24:6 AFR53
[6] Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.
Indien jy omring is met slegte mense, gaan jou lewe tot niks kom nie, geen positiewe nalatenskap, net ‘n doellose vermorsing van jou tyd op aarde. In die Woord is talle voorbeelde van sulke gevalle.
Met Wysheid van die Here het Salomo sy vader Dawid se koninkryk uitgebou tot uiterste aansien, sonder om oorloë te veg. In sy ou dag het hy van God afvallig geword en die koningskap is weggeneem van sy familie. Niemand is te oud om raad te vra nie.
In die volgende gedeelte identifiseer die geskiedenis van Rehàbeam, wat goeie raadgewers verwerp het en jongmanne se raad gebruik het:
I KONINGS 12:6 AFR53
[6] Daarop hou koning Rehábeam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord?
Die geskiedenis leer ons wat die gevolg daarvan was. Wie is jou raadgewers, is hul gekwalifiseerd deur n suksespad?
Genade en Vrede vir jou.
David