Goeiedag.
Tema: Waardigheid
Alle goeie ouers leer hul kinders om repek aan mens, dier en die omgewing te betoon. Enige mens moet met respek behandel word maar veral ouers en ouer mense en ampsdraers. Maar respek is net die een kant van die prentjie, aan die ander kant is waardigheid. Uit die volgende verse kan gesien word dat waardigheid iets is wat ‘n gerespekteerde persoon verdien:
OPENBARING 5:9 AFR53
[9] Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met U bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie.
Daar is ‘n magdom van verse in die Woord wat toon dat waardigheid die vrug is wat ‘n gerespekteerde mens moet dra. Die volgende verse in SPREUKE dui op eie gedragspatroon van ‘n waardige mens:
SPREUKE 25:8-10 AFR53
[8] Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek? [9] Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar ‘n ander se geheim nie, [10] sodat een wat dit hoor, jou nie beskimp en jou slegte gerug nie ophou nie.
SPREUKE 10:20-21 AFR53
[20] Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd. [21] Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.
Ek dink nie dit is nodig om daarop uit te brei nie, bedink dit maar self. Waardigheid is nie net gekoppel aan ouer mense nie, maar is die resultaat van n Godsvrugtige lewe. Dit word as vol beskryf:
PSALMS 1:1-3 AFR53
[1] WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; [2] maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag. [3] En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.
Hoe weeg elkeen se lewe op gemeet aan hierdie maatstaf? Dit is baie wyer as net die sigbare.
Genade en Vrede vir jou.
David