Goeiedag
Tema: Lewens fokus
SPREUKE 24:30-34 AFR53
[30] Ek het by die land van ‘n lui man verbygeloop en langs die wingerd van ‘n verstandelose mens, [31] en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi. [32] En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem: [33] Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande-vou om uit te rus; [34] dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos ‘n gewapende man.
Hierdie gedeelte uit die Woord het my aangegryp as jongman. So by so, ek het dwarsdeur my loopbaan ‘n uitdruk op my lessenaar gehou het. Op die pen staander, sodat ek dit voordurend kon sien. Dit was ‘n motivering, soms deur moeilike tye, om altyd om my beste te gee. Met hierdie storie word die beginsel van sukses in al die mens se lewensfasette illustreer. In volgorde van belangrikheid is dit:
Geestelike
Familie
Werk
Gesondheid
Gemeenskap
Geestelik is die hoogte prioriteit want, wat jou waardes is, is jy. Jou Geestelik insig vorm die ruggraat van al die areas wat volg. Almal saam bepaal jou lewe as individu. Daar is baie meriete daarin om te streef na balans tussen die aspekte om jouself gelukkig te maak. Balans en geluk is egter n relatiewe begrip. Lekker en geniet moet gemeet word.
Byvoorbeeld: sal kinders graag net roomys en lekkers eet, dan gelukkig wees. Vir hulle is dit belans en geluk.
I KORINTHIËRS 13:11 AFR53
[11] Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van ‘n kind afgelê.
Ware geluk en balans, is net te vind op die manier wat die Woord voorskryf. Daarom staan ons solank stil by die Wysheid wat die Woord leer. Bybelse Wysheid moet die denkpatroon in jou wese wees, jy moet ‘n nuwe skepsel in die Here wees. Nuut gemaak in denke en begeerte. ‘n Nuwe mens, se ruggraat is wysheid van God. Jy loop en staan daardeur. Jy as persoon word nerens die fokus van jou eie lewe nie, want jy is ‘n slaaf van Christus, jou lewe bestaan uit diens en die gepaardgaande loon.
Genade en Vrede vir jou.
David