Goeiedag.
Tema: Dwase
Die Bybel spreek Hom baie sterk uit oor dwase mense en dwase besluite. Hy waarsku teen sekere besluite en gee duidelike kenmerke van dwaasheid. Tog maan die Woord om nie onverskillig ander te oordeel as dwaas al dan nie.
MATTHÉÜS 5:22 AFR53
[22] Maar …..
en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur. (Raka is skel term , lee kop)
Na my mening beteken dit nie dat jy nie vir jouself mag besluit of ‘n ander persoon wys of dwaas handel nie. Dit is noodsaaklik om so besluit te maak, voordat jy ‘n pad stap met ‘n ander. Soms is dit moeilik om te besluit, want ware kundige mense verberg dikwels hul kennis om verskeie redes. Een daarvan is om nie jou pêrels voor varke te gooi nie, spreekwoordelik.
SPREUKE 26:1-12 handel oor verskeie aspekte van dwaasheid:
1) Eer pas nie by ‘n dwaas nie (vers 1,8).
Dit is dwaas om ‘n aanhanger te word van mense. ‘n Voorbeeld is hul wat uitblink wat in aktiwiteite soos sport, musiek , politiek, prediking ens. Hul word verhef tot ster status en word dikwels slaafs gevolg. Die talent is prysenswaardig en die dissipline om dit te ontwikkel, maar dit bepaal nie die gehalte van ‘n persoon nie. Dit is nie dat hul dwaas is nie, maar lewens vrug volgens die Woord is die ware maatstaf van eer. Sou dit nie beter wees om nugter te wees en eer gee waar eer toekom nie?
2) Harde tug pas ‘n dwaas soos n handskoen (Vers 3). ‘n Mens leer uit wat hy ly. Hoe koppiger en dwaser, hoe erger is die roede om verstand te kry. Sommige leer egter nooit nie en bly onder die roede van hul dom besluite hul hele lewe lank.
3) Vermy gesprekke met dwase mense (Vers 4,5) omdat dit sinneloos is. Of hy trek jou af na sy vlak of jy oordonder hom. Daar kom niks goed daarvan nie.
Die ironie is dat dwaasheid ‘n besluit is om dwaas te bly. Wysheid en insig is te vinde in die Woord, die hele Woord. As dit gelees en nagevolg word raak dit ‘n bron van lewe in die mense se lewe.
Genade en Vrede vir jou.
David