Goeiedag.
Tema: Dwase optredes.
Daar is min mense wat nie al skade gely het in transaksies, waar sogenaamde goeie mense jou inloop en beroof nie. Dit is nie net ‘n finansièle skade nie maar jou siel lei skade. Dit neem ‘n lang tyd vir genesing en herstel. Party keer is die skade so erg dat dit jou lewe in ‘n ander rigting stuur. Dit is net Gods genade om te herstel en weer in vrede voor te leef. Omdat die Here omgee in liefde vir SY kinders waarsku die Woord teen dwase aksies soos borgstaan. Maar ook verder om nie dwase te vertrou nie:
SPREUKE 26:6, 8, 10, 12 AFR53
[6] Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat ‘n boodskap stuur deur middel van ‘n dwaas.
Die moderne berip van die boodskapper is iemand wat jy mag gee om jou te verteenwoordig. Beroepe soos regsgeleerdes, finansieele beplanners, sielkundiges, geestelike leiers ens. Iemand wat jou groot skade kan aandoen as daar nie integriteit is nie. Hierdie Skrif is ‘n waarskuwing om uiters selektief te wees in jou keuse van vertroulinge.
[8] Soos een wat ‘n klip in ‘n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan ‘n dwaas.
Wanneer jy ‘n dwase eer, mislei jy ander wat op jou staatmaak vir rigting en raad. Ander kyk na ‘n gelowige se lewe en volg ongesiens oor die seën wat jou lewe toon. Daarom met gelowiges versigtig wees met die waarmee hul gesien word.
[10] Soos ‘n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat ‘n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.
Wanneer ‘n mens gebruik maak van onedele mense stel jouself en jou geliefdes in groot gevaar. As beginsel moet jy nie iemand gebruik wat nie ‘n goeie geskiedenis van karakter, toegewydheid en eerlikheid opgebou het nie. ‘n Boom word aan sy vrugte geken en ‘n mens aan sy naam.
[12] Het jy ‘n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir hom.
Die laaste vers speek vir homself. Koppigheid is afgode diens en sommige aanbid hulself.
As jy nog nie ‘n stel in die lewe afgetrap het nie is jy waarskynlik bitter jonk, jou beurt sal nog kom. Almal maak foute, mag die Here ons genade en nugterheid gee om versigtig te loop.
Genade en Vrede vir jou.
David