Goeiedag.
Tema: Vervloekings
Glo jy dat vloeke in die moderne wéreld nog ‘n realiteit is? Dit lei noodwendig na die vraag of glo jy, dat daar ‘n geestes wêreld is, wat ‘n invloed in ‘n mens se lewens verloop het? ‘n Meer indrigende vraag is, glo jy in die bestaan van onsienlike wesens soos engele, demone, gevalle engele, spoke (dwaal geeste), ens? Vloeke se krag kom uit die bonatuurlike.
Die Bybel spreek duidelik oor die klas van gebeure, maar my mening is dat Westerlinge in die algemeen onkundig is en verkies om blind te wees in hierdie area. Daarom is wat in Efesiers 6: 10-20 staan nie vir hul ‘n werklikheid nie. Dit is baie moeilik om ‘n vyand te beveg dat jy nie sien nie. Die feit dat jy dit nie sien nie maak nie dat dit nie bestaan nie. ‘n Manier om die bose te beveg word in die volgende vers aangespeek:
SPREUKE 26:2 AFR53
[2] Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is ‘n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie
Die stelling wat die vers maak is: moenie skuldig wees aan ongeregtigheid nie want dit maak jou kwesbaar. In praktyk; as jy ‘n ander beroof en hy vervloek jou, kan die vloek jou tref. Om vry te wees moet jy onskuldig wees. As jy skuldig is die pad beide belydenis en restitusie maw kompensasie. Daar is baie meer komplekse voorbeelde soos skeltaal, belastering, skinder, woeker wins en ander meer sensitiewe sake wat nie durf genoem word nie. Hulle wat in Christus is word beskerm teen vloeke.
Jy kan egter nie in Christus wees sonder belydenis en restitusie nie want God se troon se fondament is geregtigheid. Jou saak moet skoon wees. Daarom hamer die woord op vergifnis en vrede met ander waar moontlik.
Vloeke se uitwerking in mense se lewens is wyd, siektes, verhoudinge, emosioneel, finansieel, teespoed, onatuurlike gebeure, ens. Elke probleem is nie ‘n vloek nie, maar as daar ‘n patroon is. is daar ‘n moontlikheid. Die Here sal vir jou antwoord as jy vra of daar ‘n vloek is in jou lewe. Hy aleen bring vryheid.
Genade en Vrede vir jou.
David